Temba Travel

EUROPA JIPTOER PROGRAM 2024

Toer saam met die mense met 30 jaar ondervinding

15 June - 03 July

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU>>

Program vir die Julie Jiptoer.

(Media 24, Die Burger, Beeld of Volksblad is nie betrokke by die toer nie)

 

 

 

Saterdag 15 Jun

Ons vlieg vanaf Kaapstad via Doha na Amsterdam.

 

Sondag 16 Jun Amsterdam

Amsterdam - Ons arriveer in Amsterdam om 13:30. Nadat ons deur die passpoort beheer gegaan het, ontmoet ons bus ons. Vanmiddag besoek on die vissersdorpie Vollendam. Julle kry ook die geleentheid om die Kaas en Klopse fabriek te besoek. Na aandete gaan ons te voet op ‘n stadstoer van Amsterdam.

 

 

Maandag 17 Jun

Vandag besoek ons die Van Goch museum en die Rijksmuseum waar jy Rembrandt se Nagwag kan sien. Na ‘n oggend gevul met kuns is jy vanmiddag vry om Amsterdam op jou eie te verken. Vanaand kan jy Amsterdam gaan beleef.

 

Dinsday 18 Jun: Amsterdam

 

Voordat jy nie op ʼn fiets deur die strate van Amsterdam gery het, het jy Amsterdam nie regtig beleef nie. Daarom huur ons vir elkeen ʼn fiets waarmee jy die stad plat kan ry en Amsterdam werklik kan ervaar.

 

 

 

 

Woensdag 19 Jun tot Saterdag 22 Jun - Amsterdam-Berlyn

 

Amsterdam-Berlyn Vanjaar gaan ons iets nuuts probeer. Die moderne lewe word veel meer deur Duitsland beinvloed as deur Frankryk en daarom gaan ons na Berlyn. Berlyn is grootliks n moderne stad wat na die tweede wêreldoorlog herbou is. Trouens om die moderne wêreld te verstaan moet jy ook Berlyn verstaan. Die landmerke van die 2 de wêreldoorlog, maar ook die koue oorlog is in Berlyn en ons gaan al hierdie hoogtepunte van die stad besoek. Selfs ook n konsenterasiekamp. Op jou tweede dag sal jy vry wees om Berlyn op jou eie te verken. Omdat Berlyn ook ’n moderne stad is, is daar baie vermaak vir tieners in die aande.

 

 

 

Saterdag 22 Jun - Fussen

Ons ry na Fussen waar die Neuschwanstein Kasteel is. Met n bevolking van minder as 15 000 mense, vermoed ek redelike rustigheid. In die somer is daar altyd n groot partytjie op n Saterdagaand in hierdie kleiner stede van Duitsland en ons gaan waarskynlik die beste van die plaaslike kultuur ervaar.

 

Sondag 23 Jun tot Dinsdag 25 Jun

Innsbruck Oostenryk: Ons besoek aan Innsbruck is daarop gemik om die geleentheid te kry om die pragtige Alpe en die mere tussen die Alpe te sien en te geniet. Die wat nog nooit in die Oostenrykse Alpe was nie, glo dat Switserland die mooiste in Europa is. Innsbruck is selfs n besonderse mooi stad en was daarom ook die tuiste van die Winter Olimpiese Spele van 1976. Alhoewel ons nie kan waarborg dat julle sal kan ski nie, kan ons waarborg dat julle in die sneeu sal kan speel. Alles hang af van die somer temperature, maar as daar nie genoeg sneeu vir ski is nie, sal daar nog sneeu wees. Dit is n prentjie mooi omgewing en dramaties goedkoper en sagter op jou sakgeld as bv Lucerne in Switzerland.

 

Dinsdag 25 Jun tot Donderdag 27 Jun Venice Italië:

Vandag gaan ons na die land van Pizza en pasta. Ons ry oor onder andere Eurobruche tot in Italië.Ons kampeerterrein in Venesië was altyd n paradys vir jongmense. Trouens dit is steeds, al word kwaliteit nou aan beskikbaarheid van WiFi gemeet en nie meer aan die dans fasiliteite nie. Ook hulle het aangepas. Ons kamp nie ons bly orals in Italië in huisies in kampterreine Ons doen ‘n stadstoer (te voet) van Venesië. O sole mio - ‘n romantiese rit in ‘n Gondel is opsioneel en hopeloos te duur na die smaak van hierdie fosiel. Vanmiddag is jy vry om al die gangetjies en stegies van Venesië te verken. Wanneer daar nie wind is nie kan die muskiete deksels lastig wees in Venesië. Onthou om voorsorg te tref.

 

 

Donderdag 27 Jun tot Sondag 30 Jun Rome

 

Rome is 'n onoortreflike stad met besienswaardighede en kuns wat oor baie eeue daar gevestig is. Nieteenstaande is dit ons verblyfplek wat die hoogste punte deur die meeste jongmense gegee word.

 

Daar is 'n swembad en kuiergat, wat nou ook vervang is met die allernoodsaaklike Wifi. Op hierdie toer gaan jy baie vryheid hê en dit is veral in plekke soos Rome waar jy dit sal beleef. Dit is nietemin noodsaaklik dat jy ook sal verstaan dat daar perke is. Daardie perke word in die aansoekvorm skriftelik uiteengesit en ons sal beslis nie toelaat dat dit oorskry word nie. Dit is ongelukkig so dat die kuierplek in Rome ook tot botsings met die toerleiers kan lei. N.s. Julle sal van julle selfone moet afkom as ons met julle praat.

 

 

Sondag 30 Junie tot Dinsdag 2 Julie – Sorrento:

 

Dit is nie ver van Rome tot Sorrento nie en ons gaan onderweg by Pompeii stop. In die middag besoek ons eers die bouvalle van Pompeii voordat ons na ons verblyf in Sorrento vertrek.

Die bootvaart na Capri is opsioneel, maar sodra jy daar kom is daar 'n groot verskeidenheid aktiwiteite waaraan jy kan deelneem. Jy kan die eiland te voet, met 'n Poegie of per Taxi verken. Julle kan 'n boot huur en om die eiland vaar. Dit sal jou die geleentheid bied om heerlik te swem en te duik in die warm water van die Mediterreense see. Die blou grotte van Capri is wêreld bekend en 'n besoek aan die grotte is altyd 'n belewenis, maar dikwels nie moontlik nie, a.g.v. die baie lang toue.

 

Dinsdag 2 Jul Rome- Doha

 

Ons laaste dag in Europa het aangebreek. Daar word afskeid geneem van Rome en die hele Europa. Om 16:00 vlieg ons na Doha.

 

Woensdag 3 Jul Huis toe:

Ons arriveer om 11:25 in Kaapstad.. Vanaand is die laaste aand van die toer. Julle kan gerus met julle ouers reël om julle iewers af te laai sodat julle deurnag en sonder enige beperking of reëls kan partytjie hou. Watter beter manier kan daar wees om afskeid te neem van jou nuwe vriende.

 

 

Program vir die Julie Jiptoer.

(Media 24, Die Burger, Beeld of Volksblad is nie betrokke by die toer nie)

 

 

Saterdag 15 Jun:  Ons vlieg vanaf Kaapstad via Doha na Amsterdam.

 

Sondag 16 Jun Amsterdam: Amsterdam: Ons arriveer in Amsterdam om 13:30. Nadat ons deur die passpoort beheer gegaan het, ontmoet ons bus ons. Vanmiddag besoek on die vissersdorpie Vollendam. Julle kry ook die geleentheid om die Kaas en Klopse fabriek te besoek. Na aandete gaan ons te voet op ‘n stadstoer van Amsterdam.

 

 

Maandag 17 Jun:  Vandag besoek ons die Van Goch museum en die Rijksmuseum waar jy Rembrandt se Nagwag kan sien. Na ‘n oggend gevul met kuns is jy vanmiddag vry om Amsterdam op jou eie te verken. Vanaand kan jy Amsterdam gaan beleef.

 

Dinsdag 18 Jun Amsterdam:  

Voordat jy nie op ʼn fiets deur die strate van Amsterdam gery het, het jy Amsterdam nie regtig beleef nie. Daarom huur ons vir elkeen ʼn fiets waarmee jy die stad plat kan ry en Amsterdam werklik kan ervaar.


 

Woensdag 19 Jun tot Saterdag 22 Jun - Amsterdam-Berlyn:  Vanjaar gaan ons iets nuuts probeer. Die moderne lewe word veel meer deur Duitsland beinvloed as deur Frankryk en daarom gaan ons na Berlyn. Berlyn is grootliks n moderne stad wat na die tweede wêreldoorlog herbou is. Trouens om die moderne wêreld te verstaan moet jy ook Berlyn verstaan. Die landmerke van die 2 de wêreldoorlog, maar ook die koue oorlog is in Berlyn en ons gaan al hierdie hoogtepunte van die stad besoek. Selfs ook n konsenterasiekamp. Op jou tweede dag sal jy vry wees om Berlyn op jou eie te verken. Omdat Berlyn ook ’n moderne stad is, is daar baie vermaak vir tieners in die aande.

 

 

Saterdag 22 Jun Fussen: Ons ry na Fussen waar die Neuschwanstein Kasteel is. Met n bevolking van minder as 15 000 mense, vermoed ek redelike rustigheid. In die somer is daar altyd n groot partytjie op n Saterdagaand in hierdie kleiner stede van Duitsland en ons gaan waarskynlik die beste van die plaaslike kultuur ervaar.

Sondag 23 Jun tot Dinsdag 25 Jun – Innsbruck Oostenryk: Ons besoek aan Innsbruck is daarop gemik om die geleentheid te kry om die pragtige Alpe en die mere tussen die Alpe te sien en te geniet. Die wat nog nooit in die Oostenrykse Alpe was nie, glo dat Switserland die mooiste in Europa is. Innsbruck is selfs n besonderse mooi stad en was daarom ook die tuiste van die Winter Olimpiese Spele van 1976. Alhoewel ons nie kan waarborg dat julle sal kan ski nie, kan ons waarborg dat julle in die sneeu sal kan speel. Alles hang af van die somer temperature, maar as daar nie genoeg sneeu vir ski is nie, sal daar nog sneeu wees. Dit is n prentjie mooi omgewing en dramaties goedkoper en sagter op jou sakgeld as bv Lucerne in Switzerland.

<

 

 

Dinsdag 25 Jun tot Donderdag 27 Jun Venice Italië:  Vandag gaan ons na die land van Pizza en pasta. Ons ry oor onder andere Eurobruche tot in Italië.Ons kampeerterrein in Venesië was altyd n paradys vir jongmense. Trouens dit is steeds, al word kwaliteit nou aan beskikbaarheid van WiFi gemeet en nie meer aan die dans fasiliteite nie. Ook hulle het aangepas. Ons kamp nie ons bly orals in Italië in huisies in kampterreine Ons doen ‘n stadstoer (te voet) van Venesië. O sole mio - ‘n romantiese rit in ‘n Gondel is opsioneel en hopeloos te duur na die smaak van hierdie fosiel. Vanmiddag is jy vry om al die gangetjies en stegies van Venesië te verken. Wanneer daar nie wind is nie kan die muskiete deksels lastig wees in Venesië. Onthou om voorsorg te tref.

 

Donderdag 27 Jun tot Sondag 30 Jun Rome:  Rome is 'n onoortreflike stad met besienswaardighede en kuns wat oor baie eeue daar gevestig is. Nieteenstaande is dit ons verblyfplek wat die hoogste punte deur die meeste jongmense gegee word.

Daar is 'n swembad en kuiergat, wat nou ook vervang is met die allernoodsaaklike Wifi. Op hierdie toer gaan jy baie vryheid hê en dit is veral in plekke soos Rome waar jy dit sal beleef. Dit is nietemin noodsaaklik dat jy ook sal verstaan dat daar perke is. Daardie perke word in die aansoekvorm skriftelik uiteengesit en ons sal beslis nie toelaat dat dit oorskry word nie. Dit is ongelukkig so dat die kuierplek in Rome ook tot botsings met die toerleiers kan lei. N.s. Julle sal van julle selfone moet afkom as ons met julle praat.

 

 

Sondag 30 Junie tot Dinsdag 2 Julie – Sorrento:  Dit is nie ver van Rome tot Sorrento nie en ons gaan onderweg by Pompeii stop. In die middag besoek ons eers die bouvalle van Pompeii voordat ons na ons verblyf in Sorrento vertrek.
Die bootvaart na Capri is opsioneel, maar sodra jy daar kom is daar 'n groot verskeidenheid aktiwiteite waaraan jy kan deelneem. Jy kan die eiland te voet, met 'n Poegie of per Taxi verken. Julle kan 'n boot huur en om die eiland vaar. Dit sal jou die geleentheid bied om heerlik te swem en te duik in die warm water van die Mediterreense see. Die blou grotte van Capri is wêreld bekend en 'n besoek aan die grotte is altyd 'n belewenis, maar dikwels nie moontlik nie, a.g.v. die baie lang toue.

 

 

Dinsdag 2 Jul Rome- Doha:  Ons laaste dag in Europa het aangebreek. Daar word afskeid geneem van Rome en die hele Europa. Om 16:00 vlieg ons na Doha.

Woensdag 3 Jul Huis toe: : Ons arriveer om 11:25 in Kaapstad.. Vanaand is die laaste aand van die toer. Julle kan gerus met julle ouers reël om julle iewers af te laai sodat julle deurnag en sonder enige beperking of reëls kan partytjie hou. Watter beter manier kan daar wees om afskeid te neem van jou nuwe vriende.