Skip to main content

JIP²TOER 2026

27 Maart - 06 April

 

Vrydag 27 Maart

Ons vlieg vanaf Kaapstad via Doha na London

Saterdag 28 Maart

Ons arriveer in London om 05:55. Nadat ons deur die paspoort beheer gegaan het, kry ons ons toerbus. Vanoggend besoek ons Windsor. Na ons besoek aan Windsor gaan ons na ons Jeughostel. Vanmiddag besoek ons Piccadilly Circus en ons leer die ondergrondse trein stelsel ken. Na aandete gaan ons na Trafalgar Square en dan het jy aftyd om die middestad van London te verken.

Sondag 29 Maart

Vandag kry jy jou ondergrondse trein kaartjie en ons gaan London rooiverf. Na ontbyt gaan ons na Trafalgar Square, ons loop van daar deur die Mall na Buckingham Paleis waar ons hoop op die Change of Guards te sien. Van hier af gaan ons na Westminister om na die Britse Parlement te kyk en daarna besoek ons die Tower of London. Hier kan jy die bekende Kroon Juwele sien. Jy gaan die res van die middag vrye tyd hê om bietjie London saam met jou vriendeverantwoordelik te ervaar. Aandete sal om 19:00 wees. Vanaand kan jy opsioneel ’n vertoning op die West-End gaan kyk, of sommer net die naglewe in London geniet.

 
 

Maandag 30 Maart

Vanoggend besoek ons die bekende Madame Tussaud. Na die besoek aan Madame Tussaud kan jy saam met jou toerleier nog van London se besienswaardighede besoek, of jy kan jou nuwe onafhanklikheid geniet en saam met jou vriende jou eie stadstoer uitwerk.

Dinsdag 31 Maart

Vandag is julle die grootste deel van die dag af. Ons kry die middag ons bagasie by die Jeughostel en vertrek om 17:00 vanaf London na Howick. Vanaand slaap ons op die skip in kajuite en geniet die lekker aktiwiteite op die skip.

Woensdag 1 April

Ons bus tel ons op by Hoek van Holland en neem ons na die die kaas en klopse fabriek. Daarna besoek ons die pragtige dorpie Vollendam waar julle heerlik aan harings en regte poffertjies kan eet. Op pad na Amsterdam besoek ons ’n ou-tydse windmeul. Na aandete gaan ons te voet op ‘n stadstoer van Amsterdam.

 
 

Donderdag 2 April

Vandag besoek ons die Van Gogh museum en die Rijksmuseum waar jy Rembrandt se Nagwag kan sien. Na ‘n oggend gevul met kuns, is jy vanmiddag vry om Amsterdam op jou eie te verken. Vanaand kan jy Amsterdam gaan beleef

Vrydag 3 April

As jy nog nie op ʼn fiets deur die strate van Amsterdam gery het, het jy Amsterdam nie regtig beleef nie. Daarom huur ons elkeen ʼn fiets waarmee julle die stad kan platry en Amsterdam werklik kan ervaar.

Saterdag 4 April

Ons ry vanaf Amsterdam na Parys. Vanaand besoek ons Trocadero waar jy Instagram foto’s van die Eiffel Toring kan neem.

Sondag 5 April

Vandag gaan ’n rowwe dag wees. Ons gaan Parys grootliks te voet verken. Eerste stop is Notre Dame. Notre Dame is erg beskadig in ’n vuur, maar dit is steeds ’n belangrike landmerk om in Parys te besoek. Ons stap vanaf Notre Dame tot by die Louvre. By die Louvre gaan ons die gallery besoek. Hopelik kan die kunskenners ons verduidelik hoekom die Mona Lisa so ’n indrukwekkende kunswerk is. Na ons besoek aan die Louvre besoek ons onder andere die Place de la Concorde, Champs-Elysées, Arc de Triomphe die Sacre Coeur en Montmarte.

 
 

Maandag 6 April

Vanoggend besoek ons Versailles. Hierdie Paleis is deur Koning Louis XIII gebou as ’n jaghuis. Sy seun Louix XIV het dit klaar gemaak. Ons sal ’n toergids hê om ons deur die paleis te neem. Na ons besoek is jy vry om Parys op jou eie te verken. Vanaand gaan ons na die Eiffel Toring. Ons hou piekniek onder die Eiffel en die wat tot bo wil gaan kan opgaan. April is koud in Parys so ons sal ons aandete plan moet aanpas volgens die weer.

Hierdie toer gaan oor meer as net reis. Dit gaan oor om te leer hoe om nuwe stede te navigeer, om geskiedenis en kultuur te ervaar, om in onafhanklikheid te groei, en om herinneringe saam met vriende te skep. Daar is baie vryheid, maar daarmee saam kom verantwoordelikheid — om na jouself om te sien, die groep te respekteer, en elke geleentheid te gebruik om te leer en te ontdek.