Media 2Media 24, Die Burger, Beeld of Volksblad is nie betrokke by die toer nie Tel: 27 (0)21 855 0395
Ons vlieg vanaf Kaapstad via Dubai na Amsterdam.
Ons arriveer in Amsterdam om 13:30. Nadat ons deur die paspoort beheer gegaan het, kry ons ons toerbus. Vanmiddag besoek ons die vissersdorpie Vollendam. Julle kry ook die geleentheid om die kaas en klopse fabriek te besoek. Na aandete gaan ons te voet op ‘n stadstoer van Amsterdam.
Vandag besoek ons die Van Gogh museum en die Rijksmuseum waar jy Rembrandt se Nagwag kan sien. Na ‘n oggend gevul met kuns, is jy vanmiddag vry om Amsterdam op jou eie te verken. Vanaand kan jy Amsterdam gaan beleef.
As jy nog nie op ʼn fiets deur die strate van Amsterdam gery het, het jy Amsterdam nie regtig beleef nie. Daarom huur ons vir elkeen ʼn fiets waarmee jy die stad kan platry en Amsterdam werklik kan ervaar.
Vanjaar gaan ons iets nuuts probeer. Die moderne lewe word meer deur Duitsland beinvloed as deur Frankryk en daarom gaan ons na Berlyn. Die stad is grootliks modern, en is na die tweede wêreldoorlog herbou.Trouens, om die moderne wêreld te verstaan moet jy ook Berlyn verstaan. Die landmerke van die tweede wêreldoorlog, maar ook van die koue oorlog, is oral te sien in Berlyn en ons gaan al hierdie hoogtepunte besoek. Ons besoek selfs ‘n konsenterasiekamp. Op jou tweede dag is jy vry om Berlyn op jou eie te verken. Omdat Berlyn’n moderne stad is, is daar baie vermaak vir tieners in die aande. Julle kan ’n klein scooter huur en maklik daarmee rond beweeg.
Ons ry Fussen toe om die Neuschwanstein Kasteel te besoek. Met n bevolking van minder as 15 000 mense, kan ons redelike rustigheid verwag.
Ons besoek aan Innsbruck is daarop gemik om die pragtige Alpe en die mere tussen die Alpe te sien en te geniet. Die wat nog nooit in die Oostenrykse Alpe was nie, glo dat Switserland die mooiste in Europa is, maar Innsbruck is self ‘n besonderse mooi stad en was ook die tuiste van die Winter Olimpiese Spele van 1976. Alhoewel ons nie kan waarborg dat julle sal kan ski nie, kan ons waarborg dat julle in die sneeu sal kan speel. Alles hang af van die somer temperature, maar al is daar nie genoeg sneeu vir ski nie, sal daar nog sneeu wees. Dit is ‘n prentjie mooi omgewing en heelwat goedkoper en sagter op jou sak as plekke soos Lucerne in Switzerland.
Vandag gaan ons na die land van pizza en pasta. Ons ry oor Eurobruche tot in Italië. Ons kampeerterrein in Venesië was nog altyd ‘n paradys vir jongmense. Trouens dit is steeds, al word kwaliteit nou aan beskikbaarheid van WiFi gemeet en nie meer aan die dans fasiliteite nie. In Italië bly ons in huisies in kampterreine. Ons doen ‘n stadstoer (te voet) van Venesië. O sole mio - ‘n romantiese rit in ‘n Gondel is opsioneel en hopeloos te duur na die smaak van hierdie fossiel. In die middag is jy vry om al die gangetjies en stegies van Venesië te verken. Wanneer daar nie wind is nie, kan die muskiete deksels lastig wees in Venesië. Onthou om voorsorg te tref.
Rome is 'n onoortreflike stad met baie besienswaardighede en kuns wat oor eeue daar gevestig is. Ons verblyf kry
die hoogste punte deur die meeste jongmense wat op die Jiptoer gaan. Daar is 'n swembad en kuiergat, wat nou ook vervang is met die allernoodsaaklike Wifi. Op hierdie toer gaan jy baie vryheid hê, en dit is veral in plekke soos Rome waar jy dit sal beleef. Dit is nietemin noodsaaklik dat jy ook sal verstaan dat daar perke is. Daardie perke word in die aansoekvorm skriftelik uiteengesit en ons sal beslis nie toelaat dat dit oorskry word nie. Dit is ongelukkig so dat die kuierplek in Rome ook tot botsings met die toerleiers kan lei. Julle sal julle selfone eenkant toe moet skuif as ons met julle praat.
Dit is nie ver van Rome tot Sorrento nie, en ons gaan onderweg by Pompeii stilhou. In die middag besoek ons eers die bouvalle van Pompeii voordat ons na ons verblyf in Sorrento vertrek. Die bootvaart na Capri is opsioneel, maar as jy daar kom is daar 'n groot verskeidenheid aktiwiteite waaraan jy kan deelneem. Jy kan die eiland te voet, met 'n Poegie of per taxi verken. Jy kan ook 'n boot huur en om die eiland vaar. Dit sal jou die geleentheid bied om heerlik te swem en te duik in die warm water van die Mediterreense see. Die blou grotte van Capri is wêreld bekend en 'n besoek aan die grotte is altyd 'n belewenis, maar dikwels nie moontlik nie, a.g.v. die baie lang toue. Ons bly hierdie jaar ’n ekstra nag in Sorrento om almal die geleentheid te bied om die Amalfi kus ten volle te ervaar.
Ons laaste dag in Europa het aangebreek. Daar word afskeid geneem van Rome en die hele Europa. Om 22:00 vlieg ons na Dubai.
Ons arriveer om 11:25 in Kaapstad. Vanaand is die laaste aand van die toer. Julle kan gerus met julle ouers reël om julle iewers af te laai sodat julle deurnag en sonder enige beperking of reëls kan partytjie hou. Watter beter manier kan daar wees om afskeid te neem van jou nuwe vriende.