YOUTH TOURS BY TEMBA COLLEGE/TRAVEL

Tel 021 8550395    Fax 021 855 5764

YOLO SAFARI PROGRAM

Temba Kollege CC 2004/009414/23 11 Broad Oaks Close Somerset Wes Tel: 021 8550395 www.temba.co.za andries@temba.co.za


PROGRAM

Vrydag 2 Oktober: Kaapstad/PE/George viaJohannesburg na Victoria Falls:  Ons vertrek om 10:45 vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe na Victoria Falls in Zimbabwe waar ons om 12:20 sal arriveer.  Die middag word gebruik om onsself voor te berei vir die groot avontuur wat wag.

Saterdag 3 Oktober: Victoria Falls: Ons doen vandag rekspronge (opsioneel) en “swem saam met die duiwel” by die Victoria-watervalle.  Laasgenoemde is ‘n avontuur waar jy bo die valle in die water spring en tot op die rand van die valle swem.

Sondag 4 Oktober: Chobe Safari Lodge: Vandag pak ons die woeste waters van die Zambezi aan in een van die grootste avonture in Afrika. Gedurende Oktober is die water besonder sterk. Jy sal dus moet klou om te hou. Ons ry die middag na Kasane waar ons voorrade sal aankoop en oornag.

Maandag 5 Oktober tot Donderdag 8 Oktober: Mamili Nationale Park: Die park is in Namibië se Zambezi-streek (die ou Caprivi) en hier bly ons twee dae sonder enige geriewe langs die rivier.  Ons kan wel stort met behulp van die storte wat ons self oprig. Hier sal ons ons veldkuns verder opknap en sal ons geleentheid kry om goed te leer bestuur.

Vrydag 9 Oktober: Kwando Camp: Die kamp is regs langs die rivier. Daar is uitstekende geriewe. Hier kry julle die geleentheid om weer mens te word en selfs vis te vang.

Saterdag 8 Oktober: Kwando Camp:  Vandag doen ons ’n kort (5km-10 km roetemars) saam met jou gids. Daarna doen ons ‘n projek saam met die plaaslike bevolking. Ons gaan betrokke raak as gelykes en van die arm mense leer terwyl ons hulle ook met onder meer kos gaan bedien.

Sondag 11 Oktober: Ons bly ons laaste aand weer by Chobe Safari Lodge in Kasane. Hier kan ons die Vasbyt behoorlik afsluit.

Maandag 12 Oktober: Ons arriveer om 17:45 in Johannesburg vanwaarr ons na ons verskillende bestemmings vlieg.