Temba Travel

Vasbyt Logo


KALAHARI VASBYT 2024

Slegs vir manne wat in 2024 in Gr 11 of wat in 2024 16 word.

BESPREEK NOU>> VIR MEISIES

Tel: +27 (0) 21 855 0395

Visie.
Ons is manne soos geen ander

Vasbyt missie.
Ons raak  manne soos geen ander  deur fisiese, geestelike, emosionele en  kulturele grense te verskuif, deur ons lewens op Christelike beginsels te skoei en leierskap na te streef en te ontwikkel deur te leer en te dien.

Die Vasbyt beginsels.

·  Vasbyters help mekaar lewenslank.

·  Vasbyters tree ridderlik op teenoor vriende, ouers, landgenote en teenstanders.  Hulle is trots op hul goeie maniere, en streef dit ten alle tye na.

·  Vasbyters vloek nie.  Ons is trots op ons taalgebruik.

·  Vasbyters is altyd sober.

·  Vasbyters respekteer ander se opinies, geslag, seksuele  orienteering, godsdiens en ras as gelyke.

·  Vasbyters is nooit tevrede met gemiddelde prestasies nie. Vasbyters is positiewe denkers en wenners. 

·  Vasbyters dink en praat nie net nie, maar word geken aan hulle aksies.

·  Vasbyters aanvaar dat hulle terugslae gaan kry. Terugslae is net geleenthede om met meer toewyding en vasberadenheid voor te begin.

·  Vasbyters is voorbereid om in ʼn groep saam te werk terwyl hulle nooit hul individualiteit prysgee nie.

·  Vasbyters is fisies, geestelik en emosioneel sterk en fiks.

· Vasbyter weet dat kennis belangrik is en werk aktief om soveel as moontlik te weet oor alles moontlik.

 

Die volgende is die vereistes wat jy moet nakom om die Kalahari Vasbyt te slaag.

Brugsprong: Jy moet dit doen ten einde die kursus te slaag. Dit is moeilik vir party ouens, maar die groep gaan jou help.

Solosang: Jy moet 'n lied op jou eie sing en dit met oorgawe doen. Jy kan dalk al binne die eerste uur geloot word om te sing. Wees voorbereid daarop. Jy hoef nie ’n Pavarotti te wees nie, maar jy moet ’n ordentlike poging aanwend. Jy moet reeds voor 10 Desember jou lied vir goedkeuring aan Temba se kantoor voorlê.  

White Water Rafting: Jy moet dit voltooi.  

Roetemars: Gestel jy val om watter rede ook al uit voor jy die roetemars kan pak, mag jy nie die roetemars doen nie. (Jy kan alle ander dinge saam met die manne doen, maar jy mag nie die roetemars stap nie.)

Jy moet dit voltooi ten einde die kursus te slaag. Die roetemars is uit-en-uit ʼn groepsaktiwiteit. Die hele groep doen presies dieselfde roetemars. Indien een uitval moet die res voortgaan om die goed te dra asof almal nog deelneem.

Ten einde deel te kan neem aan die roetemars moet jy kwalifiseer. Jy moet die 3 000m minstens een keer in minder as 16 minute gehardloop het en jy moet nie meer as 25 strafpunte tydens PT gekry het nie.

Die roetemars word oor ʼn maksimum van een dag gedoen en bestaan uit verskillende roetebakens (“waypoints”) wat vooruit bepaal is. Die totale afstand is 58km. As julle minder as 2 roetebakens afkry moet julle in die veld oornag.

Die aantal roetebakens wat gedoen word hang af van die groep se samewerking. Daar word deurlopende evaluasie gedoen, waarin die groep as geheel geëvalueer word.  Alles tel vir punte en indien die groep meer as 55% gemiddeld kry, kry hul een roetebaken af en indien die groep meer as 65% kry, kry hulle twee roetebakens af. Meer as 70% gemiddeld beteken drie roetebakens af. (sien punte onderaan)

Tydens die roetemars vind ʼn vasvra plaas en julle kan  ʼn verdere roetebaken afkry deur meer as 65% daarvoor te kry.    

Indien die temperatuur vir langer as twee uur ononderbroke bo 45 grade Celsius is, sal daar een roetebaken afgegee word. Dit word in skaduwee gemeet.

Tydens die roetemars word daar by elke roetebaken iets bygevoeg wat die groep moet dra (vooraf bepaal en op die roetebakens aangebring). Verder het die groep ook kennis nodig om die roetebakens te kry. Indien die groep nie die kennis het nie, kan hulle die inligting by die instrukteurs “koop”. Die prys sal altyd iets ekstra behels wat die groep moet saamdra.  

Enige nalatigheid tydens die roetemars word gestraf met addisionele goed wat saamgedra moet word.

Die laaste twee roetebakens moet minstens 5 km lank wees.

Water: Daar moet minstens 100 ml water per km wat gestap word per persoon by elke roetebaken wees. Die water moet met 20% vermeerder word wanneer die temperatuur bo 40 grade is en met 50% indien die temperatuur bo 45 grade Celsius is. (in skaduwee.)

Kos: Daar moet ʼn normale ontbyt op die dag van die roetemars voorsien word. Indien die roetemars oor twee dae gehou word, moet daar op beide oggende normale ontbyt voorsien word. In sodanige geval moet daar ook ʼn normale aandete verskaf word. Daar moet voorts minstens 3 000 kilojoule voeding tydens die roetemars voorsien word.

Ekstra Roetebakens: In slegs twee moontlike gevalle sal daar van die roetebakens teruggegee word wat reeds afgegee is:

a) Indien een of meer van die groep uitval sal die oorspronklike roetebakens teruggegee word. Een vir elke persoon wat uitval, totdat al die oorspronklike roetebakens teruggegee is.

b) In geval van growwe nalatigheid, waar die reëls soos verskaf doelbewus verbreek  word of waar daar in totale disrespek tydens die roetemars teenoor mekaar of teenoor die instrukteurs opgetree word.

Beginsels: Jy sal moet verklaar dat jy by die beginsels van die Vasbyt gehou het tydens die kursus.


PT:

Indien ʼn kandidaat siek is of beseer is, kan hy PT vir ʼn maksimum van twee en ‘n halwe dae mis. Jy verloor 10 punte as jy PT mis of die 3 000m tydtoets mis, of meer as 18 minute neem om die 3 000m te voltooi.

a) Indien jy wel PT doen, maar jy kan nie voortgaan nie, kan jy vir 5 minute rus. Daar word dan vyf punte van jou afgetrek. Jy kan twee keer uitsit tydens PT en dus ʼn maksimum van 10 punte verloor tydens PT per dag. As jy ’n spesifieke oefening nie kan doen nie (weens besering), kan die instrukteurs vir jou ’n alternatiewe oefening gee, maar jy verloor dan vyf punte.

b) Indien jy die groep vertraag, kan die instrukteur jou verplig om vir vyf minute te rus.  Jy verloor dan ook vyf punte. Dit kan ʼn maksimum van twee keer per PT-sessie gebeur.

c) Die laaste amptelike Dag 3 PT sal 24 tot 36 uur ná die roetemars gedoen word. PT word ook die aand voor die roetemars gedoen asof daar geen roetemars die volgende dag is nie. As jy nie die PT die aand voor die roetemars kan doen nie of jy val twee of meer keer uit tydens daardie PT, slaag jy nie die Kalahari Vasbyt nie en kan jy ook nie die roetemars doen nie.

d) Indien jy 26 punte tydens PT verloor het, slaag jy nie die kursus nie. Indien jy 26 punte voor die roetemars verloor, mag jy nie aan die roetemars deelneem nie.

e) jy mag nie meer as 5 punte in die laaste amptelike PT na die roetemars verloor nie.


Tydtoets die laaste aand 

Die groep sal 'n tydtoets hardloop en almal sal aan ʼn minimum standaard moet voldoen.    Elkeen se tyd word individueel geneem. Die tydtoets word nie gedoen voordat 36 uur verloop het na die roetemars nie, maar dit moet binne 72 uur ná die roetemars voltooi word.

Indien die groep se gemiddelde minder is as 14 minute, slaag almal wat in minder as 16 minute gehardloop het die kursus. So moedig ons groepwerk aan. As jy dus nie vinnig is nie, kan jou maats jou help.

Indien jy meer as 16 minute gehardloop het, kan jy dit oordoen in ooreenstemming met punt b tot d.

Indien die groep se gemiddelde meer is as 14 minute, sal die volgende geld (by implikasie omdat die maats nie genoegsaam gehelp het nie):

a)  Almal wat in 15 minute 30 sekondes of minder klaargemaak het, slaag.

(b) Die ouens wat dit nie die eerste keer gemaak het nie, kan weer dieselfde afstand hardloop.

c) Daar sal ʼn halfuur rusperiode wees nadat die laaste ou die eerste wedloop voltooi het.

d) Indien jy dan die tweede keer in minder as 16 minute klaarmaak, slaag jy.


Algemene Kennis:

Daar sal briewe, whats app boodskappe en dalk ’n boek voor die toer aan elke kandidaat gestuur word. Dit is die kandidaat se verantwoordelikheid om seker te maak dat hy die briewe en boek kry, dit lees en dit verstaan. Daar sal op die tweede dag ‘n eenvoudige toets gedoen word om vas te stel of hy dit wel gelees het.  As hy dit nie gelees het nie, slaag hy nie die kursus nie; of
Hy kan ‘n dag 3 siklus 3 PT doen. Kry hy dit reg, kan hy steeds die kursus slaag, mits hy tydens die toer ‘n voorgeskrewe leesprogram voltooi.

Die algemene kennis-toets word mondelings afgeneem. Daar word minstens twee en nie meer as drie vrae per persoon gevra nie. Indien die persoon aan wie die vraag gevra word, die antwoord ken, kry die span vyf punte. Indien nie, kan die res hom help vir twee punte. Tien persent van die “vasvra” kan die aand voor die roetemars prakties gedoen word as die toerleier so besluit. Dit kan byvoorbeeld boomidentifikasie, voëlgeluide, voertuigonderhoud, kosmaak, algemene etiket ensovoorts insluit.

Indien die span bo 65% vir die toets kry, slaag die hele span die deel en kry die hele span een roetebaken tydens die roetemars af. Indien die span gesamentlik tussen 55 en 64.9% kry, slaag die hele span die algemene kennis-afdeling.

Indien die span minder as 55% kry, slaap almal oor by Waypoint 5. Dieselfde tipe toets word dan die volgende dag weer daar gedoen. Indien die groep dan bo 55% kry slaag almal die toets. Indien nie doen almal daar en dan n persoonlike vraestel

ii Die toets word op by Waypoint 5 afgeneem. Die kandidate sal daar oornag.

ii. Die toets sal uit 25 vrae bestaan.

iii. Indien jy 50% kry, slaag jy. Indien jy minder as 50% kry, slaag jy ongelukkig nie die Kalahari Vasbyt nie. Jy kan ook nie die res van die waypoints stap nie en die span sal ook nie deur jou ontrekking of die feit dat jy gedop het, benadeel word nie.


Leierskap

Elkeen word geëvalueer wanneer hy ‘n leier is. Gestandaardiseerde toetse word gebruik. Elke kandidaat moet ‘n minimum punt kry om die kursus te slaag. Hoe hoër die gemiddelde punt is, hoe laer raak die individuele punt wat nodig is. Dit beteken bloot dat die ander manne jou kan help indien jy nie so sterk in die afdeling is nie, maar jy moet ook jou kant bring.

Indien die gemiddelde punt bo 70% is, slaag almal wat 40% kry.

Indien die gemiddelde punt tussen 65% en 70% is, slaag almal wat bo 45% gekry het.

Indien die gemiddelde punt onder 65% is, slaag almal wat bo 50% gekry het.  

 

Punte: Punte word aan die span toegeken en die groep kan tot drie roetebakens afkry deur goed te doen in hierdie afdeling. As julle geen roetebakens afkry nie, gaan baie min van julle slaag. Die hoofinstrukteur, as toerleier, ken die punte toe in oorleg met die ander leiers en met julle as kandidate. Dit word daagliks gedoen (of so gereeld moontlik as dit nie daagliks moontlik is nie) en die gemiddeldes word dan bereken.

 

20% Gaan vir leierskap.

Elke leier dra 25% by tot die punt.

10% gaan vir kosdiens.  

1. Het die meeste deelgeneem (2);

2. Het die ouens die instruksies gelees en toegepas (2);

3. Word daar inisiatief geneem of word die instrukteurs bloot gevra (2);

4. Is daar iets spesiaal gedoen (2);

5. Was die kos betyds (2).

 

10% Kampnetheid.

1. Werk almal as span saam (2);

2. Is die kamp altyd netjies en die trommels skoon (4);

3. Is water uitgesit ens. vir ete (2);

4. Higiëne - water vir hande - Dettol (2);

 

10% gaan vir Tegnies.

1. Werk almal as span saam (2);

2. Is ons voertuie skoon en nagegaan? (Hierdie evaluasie word 22h00 elke aand gedoen) (2);

3. Foto’s moet afgelaai en georden wees (2);

4. Is ons ligte en elektroniese apparaat betyds opgestel. Dit sluit ook die kameras, projektor en laai van battery ens. in (2);

5. Tente en kamptoerusting moet nagegaan en reggemaak word (2)

 

10% gaan vir deelname aan kennisaktiwiteite.  

1. Vyf punte gaan vir voëls

2. Vyf gaan vir bome

 

10% gaan vir ridderlikheid.

1. Ingesteldheid teenoor mekaar: Gaan koop ek kos en laat my maats alleen, gryp ons alles en laat party altyd laaste kry; bied ons ʼn stoel aan ons vriend? (2.5)

2. Ingesteldheid teenoor publiek: Rassisme, is ek hoflik, erken ek dames? (2.5)

3. Ingesteldheid teenoor die instrukteurs: Kry hulle kos, stoele en matrasse? (2.5)

4. Ingesteldheid teenoor die beginsels van die Vasbyt (2.5).

10% gaan vir fotografie.

10% gaan vir taalgebruik en vloekery.

 

10% Gaan vir PT. Hierdie punt word ná elke siklus toegeken.

1. 35 of minder punte tydens PT = 10

2. Elke 20 punte daarna = minus een punt

3. Indien die groep minder as 0 punte kry, kan hul negatiewe punte kry.

 

10% gaan vir die tydtoets tot voor die Roetemars. Hierdie afdeling gaan hersien word

a. Onder 14 min 45 sek = 1

b. Onder 14 min 30 sek = 2

c. Onder 14 min 15 sek = 3

d. Onder 14 min = 4 punte

e. Onder 13 min 45 sek = 5 punte

f.  Onder 13 min 30 sek = 6 punte

g. Onder 13 min 15 sek = 7 punte

h. Onder 12 min 45 sek = 8 punte

i.  Onder 12 min 15 sek = 9 punte

j.  Onder 12 min = 10 punte

 

Algemeen:

Enige persoon wat die Kalahari Vasbyt se beginsels versaak of oortree kan as gevolg daarvan ʼn sertifikaat geweier word. Jy sal moet verklaar dat jy by al die beginsels van die Kalahari Vasbyt gehou het en dat jy dit onderskryf.