Temba Travel

Vasbyt Logo


KALAHARI VASBYT 2024

Slegs vir manne wat in 2024 in Gr 11 of wat in 2024 17 word.

BESPREEK NOU>> VIR MEISIES


“Temba Kollege is trots op ons uitstaande verhouding met talle skole. Geen skool is egter betrokke by enige van ons projekte nie en geen skool aanvaar verantwoordelikheid vir ons projekte nie.”

Tel: +27 (0) 21 855 0395

Kalahari Vasbyt vir jongmanne.

(Slegs ouens wat gedurende 2023 in graad 11 of 16 is in 2024 mag inskryf.)

Sedert 1987 maak die Kalahari Vasbyt ʼn verskil in jong manne se lewens. Die kursus is fisies en geestelik moeilik, maar die wetenskaplike basis waarop dit aangebied word verseker dat jy dissipline leer en fiks word sonder om verneder te word. Daar sal niks van jou verwag word wat die toerleiers nie ook bereid is om te doen nie. Trouens, dit gaan waarskynlik die lekkerste vakansie van jou lewe wees!

 

Disco
lekker kos

 

Die Kalahari Vasbyt is 'n gesubsidieerde kursus. Fondse word deursigtig hanteer en alle gelde wat jy betaal (en dié van ons borge) word tot die toerlede se voordeel aangewend. Ons glo dat jong mans wat daarvan droom om 'n verskil in die wêreld te maak, eenvoudig die kursus moet doen. Dit gaan jou 'n besliste voorsprong, wat moeilik deur ander ingehaal sal word, in die lewe bied.

Die Kalahari Vasbyt is sonder twyfel een van die moeilikste, indien nie die heel moeilikste nie, fisiese en emosionele kursusse wat enige tiener enige plek ter wêreld kan doen. As jy dit slaag, sal jy altyd trots wees daarop en dit gaan vir altyd 'n verskil in jou lewe maak.

Ons vlieg op 29 Desember na Victoria Falls waar ons vier nagte gaan vertoef en onsself voorberei vir die avontuur.

 

roetemars

 

Hier doen ons Bungee en White-Water Rafting. Daarna besoek ons die Chobe en die Moremi wild reservaat.

Die Sentraal-Kalahari is die wildste wêreld waaraan jy kan dink. Gedurende Januarie wemel hierdie omgewing van Springbokke, Blouwildebeeste, Gemsbokke en roofdiere soos leeus en die bedreigde bruin Hiënas. (Dit gebeur +/- elke 10 jaar dat daar min diere is.)

Deur vir hierdie avontuur in te skryf, verbind jy jouself daartoe om hard te werk en 'n groot sukses daarvan te maak. As jy nie belangstel nie, is jy welkom om by die huis te bly. As jy egter wil saam kom sal jy ter alle tye ten volle moet saamwerk en die standaard is hoog. Ons wil in alles onder die 1000 beste in die wêreld wees. As jy 'n kar moet was, is die vraag nie of dit skoon is nie, die vraag is of ons 1000 tieners sou kry wat dit beter kon doen? As die antwoord ‘ja’ is, is jy nog nie goed genoeg nie! Dit geld vir algemene kennis, fiksheid, leierskap en alles wat ons doen.

 

Bestuur op die Vasbyt
roetemars

 

Die toer is vol aangename verassings. Tog is dit belangrik om daarop te let dat jy fiks gaan terugkom. Die Kalahari Vasbyt is nie 'n oorlewingskamp nie, maar ons werk geweldig hard, word fiks en kry soms saam swaar. Boonop sal daar van jou verwag word om die aangehegte beginsels te onderskryf. Daar is streng dissipline op die Kalahari Vasbyt en jy sal by die reëls moet hou.

Op hierdie toer rook en drink ons nie en dit geld ook vir my. Ons kry saam swaar en ons speel saam, al kry dié wat ouer is as 40 so ʼn bietjie afslag tydens PT. Wat julle eet en drink, eet en drink ons. As daar koeldrank is, kry die volwassenes slegs as daar oorbly en as ons eet, eet die volwassenes laaste. As ons ʼn luukse vir ons gun, maak ons seker dat julle ook daarin deel. Dit is die gees van die Kalahari Vasbyt en dit is ons opregte belofte aan jou.

As jy ʼn jong man met karakter is wat avontuur wil beleef, lang ente in die veld wil bestuur, die omgewing wil leer ken en uitstyg bo die allerdaagse, is hierdie kursus waarskynlik presies waarvan jy droom!