Temba Travel

Vasbyt Logo


KALAHARI VASBYT 2024

Slegs vir manne wat in 2024 in Gr 11 of wat in 2024 16 word.

BESPREEK NOU>> VIR MEISIES

Tel: +27 (0) 21 855 0395

KALAHARI VASBYT LIED

In die hartjie van Botswana
lê die Dorsland oop en vry.
Dis ʼn plek so ongeskonde
maar wat ander onderkry.

Ons is manne soos geen ander
sonder vrees vir stof en swaar
en ons oefen en baljaar ook
in die aansig van gevaar

KOOR: Dit verg geloof en vertroue
in ons Skepper elke dag (2x)

Terwyl softies by die see lê
en rondlê in die klubs
word hier vriendskap en karakter
deur sweet en bloed gebou

Vanaf Kaapstad tot die Valle
sien ons wonders groot en klein
dis geskenke van ons Vader
uit sy liefde groot en rein

KOOR: Dit verg geloof en vertroue
in ons Skepper elke dag (2x)