BRIEWE VAN 2010 SE VASBYTERS en/of HUL OUERS MET HUL FOTO'S

Ons plaas al die briewe wat ons ontvang, onveranderd tensy anders versoek.

ANDER FOTO'S

Liewe Oom Andries

Hoe begin ons om vir Oom dankie te sê, vir een van die lekkerste tye in my lewe.  Ek kan nie ophou om daaroor te dink, droom en praat nie.  Oom Andries, ek weet ek het die swaarste van almal met die drawwery gekry, maar ek het besef dat ek tot soveel meer in staat is.

Die kameraadskap wat daaronder ons geheers het, as ons swaarkry, my spanmaats wat my kom haal  as ek moet vinniger draf, is dinge wat altyd by my sal bly.  Dit het my net weer laat besef dat ek tot soveel meer in staat is.

Oom, dankie vir die rolmodel wat oom is.  Dankie dat dit wat oom vir ons vertel en wil leer, is dit wat oom uitleef.  Dankie dat oom die voorbeeld van integriteit en nederigheid is.  Dankie dat oom ons soos volwassenes behandel, maar ook nog ruimte laat vir ons foute en nooit vernederend optree nie.

 Hierdie Vasbyt is iets wat ek nooit sal kan vergeet nie, want ek het vaardighede en kennis opgedoen wat my net as mens soveel beter vir die toekoms sal toerus.  Die sukses van hierdie hele Vasbyt – program is omdat dat ons weet volle eer aan ons God gegee word. Dankie vir al ons voorafgaande briewe, dis baie moeite, maar elkeen van ons het presies geweet wat van ons verwag word.

 Dankie aan ons toerleiers, Oom Paul, Tersius en Koos.  Julle verdien ook net komplimente. Ek kan regtig niemand uitsonder bo die ander nie.  Julle almal het my lewe verryk.

 Groete

 Niel Hugo - Paarl

Baie dankie Niel. Jou briefie beteken vir my oneindig baie. Dit is veral lekker om te weet dat die Vasbyt ook vir ounes bedoel is wat nie super atlete is nie. Jou deursettingsvermoeë sal vir ons almal 'n inspirasie bly.

Aerwee

Liewe Andries
Ons wou jou al bedank het vir wat jy vir ons seun Ivan beteken het op hierdie avontuur wat jy moontlik gemaak het, dat hy 'n deel kon wees daarvan maar ons stel dit uit omrede ons dit saam met Ivan wil doen.
Ivan het die Woensdag geland en die Donderdag wou hy weer terug skool toe so ons het net die nodigste gewas  en ingepak en maar min tyd gehad om by alles uit te kom.
Ons kan nie beskryf hoe ons dit waardeer dat Ivan deel was van die span en dat jy hom raakgesien het nie.
Ivan het ons gevra om saam met hom vir jou en die familie te bid en ons doen dit.
In Ivan se oë is jy 'n merkwaardige man wie hy altyd sal onthou en nooit sal ophou bid nie en hy sê oor en oor .
Daar is die naweek Inter teen Boland en Ivan sal Krieket die Vrydag speel en ons hoop dat hy ook in die atletiek sal deelneem alhoewel hy dit gladnie geniet om te doen. Hy het aan die bokkesport deelgeneem aan die 400m & 800m en 'n 2de plek behaal en ook aan die 1500m, 3000m en aflos waar hy 'n 1ste plek losgehardloop het. Ons is so trots op hom!
Hoop dit gaan goed en ons vertrou die Liewe Heer sal hierdie moeilike padjie saam met jou stap.
Groete
Die Ludicks

Dit was en is wonderlik om 'n wenner te ken. Ivan het oingelooflike potensiaal en ek twyfel geen oomblik dat hy die hoogstesport sal behaal nie. Die hoogste punt gaan ook waarskynlik vir hom baie hoog wees.

Groete en dankie
Andries

Beste Andries

Al het ons nog nooit ontmoet nie voel ek asof ek jou reeds ken na al die skrywes van die laaste paar maande.( Ek glo dat
my man Frikkie ook binnekort met jou sal kommunikeer , maar ons Ma's het miskien so 'n bietjie meer tyd en natuurlik altyd iets om te se.

Ek wil net regtig dankie se vir die voorreg wat Frikkie kon he om saam met jou op; hierdie toer te kon gaan. Dis nie moontlik om te beskryf hoe baie hy dit geniet het nie en al weet ek dit was rof is ek tog bly dat dit ook lekker was.Dankie!!

Ek voel ook gemaklik om vir jou te se dat ons spesifiek die week voor julle vertrek het ernstig die Here se aangesig gesoek het vir jou genesing VOOR die reis en ons was natuurlik weereens nie teleurgestel  met die genade wat Hy betoon het nie. Derhalwe wil ek weer aan jou die versekering gee van ons intree by ons geliefde Here Jesus Christus . Sy Woord en Sy naam het in my lewe ook die enigste Toring geword waarin ek kon hardloop vir veiligheid. Ek deel nie maklik nie, maar in die lig van jou omstandighede wil ek net se .Ouers is 'n moeilike kwessie en 'n manier waarop God ons in ons huidige lewensplek (ouderdom) toets. My Ma is 'n alkoholis vir solank as ek weet en my Pa , 'n advokaat en oud-politikus het homself geskiet. So het ons elkeen 'n "pakkie " 'n kruis as jy wil. Dis nie maklik nie , maar God self gaan jou hierdeur help en my innige gebed sal deurentyd wees dat jy nie eers na rook sal ruik as jy uit hierdie vuuroond stap nie.

Nouja, natuurlik nog veel meer om te se(Vrou) maar ek volstaan met 'n laaste dankie vir jou gehoorsaamheid om dit wat ons Here Jesus deur jou wou oordra, jy aan ons seun deur gegee het.

Mag jy tyd kry om in Sy teenwoordigheid in te gaan sodat Hy jou totaal kan deurdrenk met Sy Gees.

" Omdat hy my liefhet sal ek hom red " (Ek sal versie opsoek)

Caro Bruwer

Dit was 'n belewenis om Frikkie by te kon hê. Sy bydrae op tegniese gebied was enorm. Dit was egter veral as leier en die indra van 'n baie positiewe gesindheid in die kursus waar hy die meeste bygedra het. Frikkie het dikwels die leiding geneem as die ouens oor dieper dinge gesels het en glo my sy insig is verstommend.

Dankie dat julle hom vir ons geleen het.

Groete
Andries

Beste oom Andries,
 
Ek het 'n halwe jaar uitgesien na die Kalahari Vasbyt en nou sit ek alweer in die skool.  Tyd vlieg!  As die kinders vir my by die skool vra hoe dit was, moet 'n mens eers met hulle gaan sit en gesels.  Dis moeilik om so 'n belewenis binne 2 sinne te vertel.
 
Ek het die Vasbyt ongelooflik baie geniet, baie geleer en ek kan verseker sê dat dit die beste 18 dae tot dusvêr, nog in my lewe was, al was die PT hard.
 
Oom Andries is 'n ware Vasbyter - die mees energieke, positiefste en passievolle persoon wat ek nog ooit ontmoet het.  Ek is regtig bly dat ek oom kon leer ken en so baie by oom kon leer.  BAIE DANKIE vir al oom se moeite, op die toer en vooraf, oom se wysheid en geduld.
 
Oom Ters, oom Paul en Koos, baie dankie ook vir jul hulp en steun deur die toer, dit word baie waardeer.
 
Vasbyt-groete
 
Stefan Nieuwoudt Regs op foto


Dankie Stephan of Stefan. Dit is tog intessant hoe my spelling van jou naam nou ook deur jou oorgeneem is! Dit was 'n wonderlike ervaring om van jou te leer en te ervaar hoe jy elke dag voluit gaan. Mag jy net altyd nuwe hoogtes bereik.
Groete
Andries

 

 

Beste Andries

Graag wil ek vir jou duisend dankies se omdat jy so 'n positiewe invloed gehad het op Johan gedurende die Kalahari vasbyt. Johan praat verskriklik baie van jou. Hy wys vir my die sterre en hulle name, vertel my van bome en die voels en het selfs nou die dag 'n paar bome uitgewys by Kirstenbosch.
Ek het 'n kind op die toer gestuur met gemengde gevoelens, deels wou ek hom maar net beskerm teen die wrede wereld daar buite. Johan se persoonlikheid kan soms 'n irritasie vir ander wees, hy is pynlik netjies en 'n absolute perfeksionis.
Ek dink Johan sal dit vreeslik waardeer om jou weer te sien. Hy praat ook van Paul, Tertius en Koos, veral Paul het ook'n groot invloed op hom gehad.

Hy het nogal genoem dat hy Kalahari vasbyt weer sal doen.
Ek sal self ook vir die ander leiers 'n boodskap stuur om dankie te se.
Nogmaals baie dankie en glo my jy is daagliks in my en Johan se gebede van dankbaarheid.
Vriendelike groete
Marietjie

Johan was vir ons een groot en fantstiese belewenis. Hy was uiters hulpvaardig en baie goed op elke terrein. Hy was uitstekend tydens PT en het orals sy kant gebring. Johan moet dalk net biae meer trots wees oor wie en wat hy is. Hy is 'n wenner wat ek altyd in my span wil hê.
Aerwee

Beste Abré en Magriet

Toe Attie saam was het ek eers na die tyd besef dat die ou 'n leier was. Vanjaar was ek dus ingestel daarop om Johan op die gebied te evalueer. Hy is fantasties. As leier is daar werklik min wat by hom kan kersvas hou. Wanneer hy nie leier is nie, "koop" hy die guns van die ander deur 'n uitstaande spanlid te wees. Dit gee hom ongelooflike positiewe mag wat hy uiters effektief aanwend wanneer hy wel leier is. Ek gaan met jul toestemming ook van die waarnemings wat ek oor hom gemaak het insluit in my Tesis.

Groete en geluk
Andries

Liewe Oom Andries

Vir die eerste keer weet ek nie hoe om ‘n brief te begin nie. Ek voel so trots om deel van ‘n span te kon wees wat so ‘n onvergeetlike toer aangebied het. Dankie vir die voorreg wat Oom vir my gegee het, en dat Oom vertroue in my gestel het om ‘n sekere taak te verrig. Ek hoop ek het Oom nie teleurgestel nie.

Oom Andries, ek het self meer by hierdie toer geleer as wat ek nog ooit verwag het. Voor die vasbyt het ek gedink ek begryp wat leierskap is, en wat dit alles behels, maar ek was verkeerd. Ek het gedink ek weet hoe om deur modderpoele te ry, maar ek was verkeerd, ek het gedink ek weet waar al die grensposte is, maar ek was verkeerd. Ek het gedink ek sal nooit op ‘n slang trap nie, maar ek was verkeerd.

Op ‘n meer ernstige noot, dankie vir dit wat ek spesifiek by Oom kon leer. Oom se emosionele intelligensie is iets waarna ek altyd sal opkyk. Ek kon dit oplet hoe Oom sekere situasies hanteer. Oom se doelgerigtheid het my ook beindruk. Ek weet nie hoe Oom dit regkry om te fokus op ‘n taak, dit dan klaar te maak, al is dit 3 uur in die oggend. Dit is self een van my grootste doelwitte vir my 2de jaar op universiteit wat ek oor besluit het. Ek wil ‘n meer doelgerigte, gesorteerde en gefokusde lewensstyl hê.

Weereens dankie vir die voorreg wat Oom vir my gegee het. Ek sal altyd daar wees dat Oom in die toekoms weer op my knoppie kan druk. My broer, Josua Roux, sal volgende jaar solank leef, miskien ook die vasbyt doen, so Oom moet maar mooi na hom kyk. Oom sal ook in my gebede bly.

Vasbyt groete
Koos
Koos jy het fantasties gedoen en ek waardeer ook jou oordrewe lofsange.

Groete

Andries

Hallo Oom!!!!!!
 
Wil net baie dankie vir die ongelooflike experience wat oom vir my gegee het se... Die Bungi jumping was vir my uitstekkend en dit was seker die toer ( die maats) wat dit soooo lekker gemaak het.
 
Ek hoop als gaan nog great daar by oom, en dat oom nog volheid voorentoe gaan.
Dit gaan nog great hier by my, is nogsteeds fiks en oefen hard...
 
Jy moet die res van jou jaar geniet en tot volgende keer...
 
Cheers
van Francois

Lekker om van jou te hoor en te sien dat jy nog net soveel gees het as altyd. Mis jou baaie gesels baie.
Andries

 
Beste Andries
 
Toe Lawrie my gevra het of hy die Kalahari Vasbyt mag doen het ek ingestem om verskeie redes. Ek het geweet dat hy baie lief is vir die natuur en vir Afrika en het geen twyfel gehad dat hy n toer in Afrika baie sou geniet nie. Ek het ook geweet dat hy nog nooit teruggestaan het vir n fisiese uitdaging nie en dat hy ook daardie aspek baie sou geniet. Ek het geweet dat hy tuis voel in n omgewing waar daar reels is en verstaan waar dit vandaan kom en wat die doel daarvan is. Ek het baie gehou van die Christelike inslag en grondslag van die kursus want ook dit is iets wat vir Lawrie na aan die hart le.
 
Maar ek het duidelik geen benul gehad wat die kursus regtig vir hom sou beteken nie. Ek het as belangstellende pa nog altyd n onwrikbare geloof in Lawrie se vermoens gehad en het dit openlik met hom gedeel maar dit is mos maar moeilik om n seun van sy ouderdom se kop te verstaan of om te probeer raai wat hy dink. Hy wil dit ook nie noodwendig van sy pa hoor of glo nie! Maar dit is duidelik dat jy op n manier tot hom deurgedring het en dat jy in drie weke ongelooflik baie vermag veral ten opsigte van sy menswees en ingesteldheid tot die lewe . Ek en Karin het vir jou ons pragtige ,sonskyn seun gegee en jy het vir ons n selfversekerde en gefokusde jong man terug gegee wat glo in sy vermoens en wat hom nie laat ontstel deur dinge waaroor hy nie beheer het nie ( iets waarmee ekself baie keer nog sukkel) . Jou ingesteldheid tot en kennis van die lewe , jou ongelooflike deursettingsvermoe , die manier hoe jy die manne tot die besef gebring het wat nou eintlik belangrik is in die groter geheel en die feit dat jy dit alles doen deur dade en nie net woorde nie is wat die verskil is tussen die Vasbyt en ander leierskapskursusse. Ek het nog altyd geglo dat geen kind regtig luister wat sy ouers se nie maar wel hulle voorbeeld sal volg indien hulle kom deur hulle dade lei ! Dankie dat jy die beginsels en dinge wat regtig saakmaak in die lewe so sterk beklemtoon het en in so n kort tydjie die manne so baie rigting gegee het. Die resultaat is absoluut verstommend!
 
Ons as ouers is jou ewig dankbaar en weet nie regtig hoe om jou te bedank nie ! Ek en Karin sal jou baie graag wil ontmoet en bietjie met jou wil gesels oor jou indrukke van Lawrie en wat ons kan doen om die saadjies wat jy nou geplant het te laat groei en floreer!  Laat weet asb of jy bereid is om vir ons n uur van jou tyd af te staan waar en wanneer dit vir jou gepas sal wees.
 
Baie groete en baie dankie nogmaals.
 

Rian Moore

Dankie Rian, Karin en Lawrie Dit was 'n ogelooflike voorreg om vir Lawrie te ontmoet en by hom betrokke te kon wees. Dit is regtig wonderlik om te hoor en te glo dat dit ook iets vir hom beteken het.

Groete

Andries

More Andries
 Ons wil net vir jou en jou span, baie, baie dankie sê vir die Kalahari vasbyt waarop Gerhard Niemann saam was.  Ons kind het dit geweldig baie geniet en baie geleer.  Hy kan nog steeds nie ophou praat oor alles nie.  Almal wat kom kuier word ook eers rekenaar toe genooi om die foto's te kyk.
Hy is 'n diep kind en het baie hoë agting vir jou. Jy het baie vir hom beteken.
Ons sal jou graag persoonlik wil ontmoet.  Lat weet asb waar en wanneer jy beskikbaar sal wees.  Ons kan ongelukkig dit net oor 'n naweek doen want ek en my man werk albei tot laat, ons kom eers half sewe by die huis,  maar as dit nie anders kan, kan ons dit na sewe in die aand ook doen.
 
Weer eens baie, baie dankie!!!
Gerhard en Caty Niemann
Dit was een groot voorreg om Gerhard saam met ons te kon hê. Ek dink julle sal nooit besef hoe bevoorreg jul is om 'n seun soos hy te kan hê nie. Andries

Hey Oom Andries

Ek wil net vir oom hartlik bedank vir die onvergeetlike ervarings wat ek opgedoen het op die vasbyt. Ek sou dit vir niks verruil nie.

Ek hoop dit gaan goed met oom.

Groete, Stephan

Hi Stephan
Dit gaan great met my, maar ek verlang net na jou en die ander manne. Dit is 'n groot voorreg om jou te ken.

Andries Erwee