SENTRAAL KALAHARI

Die Kalahari is beslis nie vir softies nie. Koos Roux, ons junior leier, is deur iets gebyt wat twee gaatjies, 1 en 'n halwe centimeter van mekaar gelaat het. Sy kliere het opgeswel, maar hy het geen pyn ervaar nie. Die toerleier wou geen kanse waag nie en het dadelik 'n drup opgesit om die are oop te hou vir ingeval iets drasties sou verkeerd loop. Sy hardklop is vir 45 minute gemonitor en toe dit duidelik is dat daar geen verdere nagevolge is nie, is die drup verwyder en Koos was nog vriendeliker as gewoonlik.

Ouers wat dalk wonder waarvoor die are oop moes bly verskaf ons graag die volgende inligting. 'n Verlaging in hardklopen bloedruk sou 'n aanduiding wees dat dit 'n gevaarlike neurotoksiese slang was. Ons sal in so 'n geval 3 ampulus polivalente anti-venom binne aars toedien en terselfdertyd 'n 25 mg phenegon in 'n spier om allergiese reaksie te beheer. Indien nodig sou ek ook adrenalien binneaarts toedien. Gelukkig was niks daarvan nodig nie en Koos het spoedig heeltemal herstel.

Binne 60 minute na die voorval het Koos hom misgis met die modder en die gevolge is duidelik. Gelukkig was die bakkie net so ongeskonde soos hy. Verder onder probeer Koos dapper wees met 'n reuse spinnekop. Solanjk dit dag is, is Koos baie dapper.

Die Kalahari is wild en alhoewel ons vanjaar geen leeus gesien het nie, het die jagluiperde vir genoieg opwinding gesorg,
Wat gaan tog aan met ons wêreld? As die Kalahari nie onhoudbaar warm is nie dan reën ons nat. Vanaf 2001 tot 2007 het ons byna gedood van die hitte en vanaf 2008 tot 2010 het ons byna versuip en gedood van die koue.
.

Vasbyters maak altyd die beste van 'n saak. As dit dan reUn dan gebruik die manne die water en die nattigheid om te ski.

Kalahari Vasbyters is egter nie gewoond aan ski nie en daarom het party ouens hul des doods geval.

Met genoeg salf in die kamp om die wonde te ontsmet was dit egter geen probleem nie. Trouens ons was trots op ons letsels.

Alhoewel Frikkie Bruwer waarskynlik die slegste afgekom het wil die foto's voorgee dat Lochner Slabbert die titel as swakste skiër waardig is. Lochner het egter veel meer sukses behaal as die gemiddelde en arme Frikkie se lang lyf wou nie eenkeer regop bly nie.

Die roetemars is dodelik en niks in die hele wêreld is lekkerder as om dit klaar te maak nie.
.