BRIEWE VAN 2009 SE VASBYTERS en/of HUL OUERS MET HUL FOTO'S
Ons plaas al die briewe wat ons ontvang, onveranderd tensy anders versoek.
|
ANDER FOTO'S |
|
 |
Liewe Andries
Ons skryf nou eers want ons wou eers regtig waarneem wat die toer vir Du Toit beteken het omdat hy in die koshuis is .
Dit is opvallend hoe volwasse hy geraak het en dat hy teruggekom het met ‘ n stille aanvaarding van homself en sy vermoens en beperkings.
Hy praat met baie lof en lojaliteit van jou en die groep .
Ons is baie dankbaar dat hierdie geleentheid oor sy pad gekom het
Daar is nog baie wat ons kan se, maar gaan die ervaring in ons harte bewaar,
Die tyd wat ons moes wag en vertrou het ook vir ons as ouers geestelik versterk.
Mag jou werk baie seen ontvang en ons hoop jy rus sommer behoorlik.
Broekies en Tania Visser.
|
Du Toit as seun van ons vallei het ek net die beste van jou verwag.
Dit is jammer dat ek 16 jaar moes wag om jou te ontmoet.
Gaan terug en vertel die Helderbergers wat jy geleer het.
Weet dat jy ‘n wenner is. Aerwee
|
Dear Andries
Where do we start to say thank you for the most awesome experience you have given Chad.
He had the most exciting experience in his life. From the bungee jumping to the white river rafting - the wonderful bush experience any boy dreams of.
You gave them a chance to learn about nature, how to survive in nature and how to work together with others.
Chad will also have that wonderful bond with the other Vasbyters, friendships that will last.
A most valued experience. We pray that God will always Bless and protect you on your wonderful journeys,
Thank you
Andre and Judy Hanafey |
 |
|
I will never be able to thank the Lord enough for your very special contribution to this tour. Chad it will be hard for you to imagine how much I appreciate your friendship. Aerwee |
 |
Beste Andries
Ek weet sowaar nie hoe mens dankie sê vir 'n man wat vir maande soveel
energie en tyd ingesit het om vir ons kinders vir 18 dae 'n
lewensverrykende ervaring te kon gee nie!
Al wat ek weet is dat jy eendag aan die einde van hierdie lewe die
wonderlike herinneringe sal hê en ook die absolute wete - JY HET 'N VERSKIL
GEMAAK. Jy het van die wêreld 'n beter plek gemaak! Dankie dat ons kind
Danie 18 dae se sonsondergange en sonsopkomste saam met jou kon beleef ; dat
hy vir jou kon hoor sing terwyl julle in die reën geslaap het ! NOOIT OOIT
sal jy weet wat hierdie vasbyt vir ons kinders beteken het nie (en nog gaan
beteken nie !)
Al die foto's wat ons tot op hede gesien het ,is die ekstase en vreugde op
Danie se gesig wonderlik om te sien! Dankie vir al jou briewe voor die tyd
; die goeie organisasie ; al jou positiewe energie . Ons sal jou bitter
graag wil ontmoet. As jou gesin ooit bietjie in Mosselbaai wil kom kuier,
onthou ons huis is beskikbaar vir julle !!!
Ons bid vir julle.
Groete Danie en Terina Bauermeister |
Danie praat nooit onnodig nie, maar as hy dit doen ervaar jy altyd groot wysheid. Dankie vir jou besondere bydrae tot hierdie toer.
Ek het jou teenwoordigheid en kalmte besonder baie waardeer. Groete Aerwee
|
Beste oom Andries
Ek wil darem net weer vir Oom baie dankie sê vir die wonderlike vasbyt waarvan ek deel kon wees. Ek het vir 'n hele jaar daarna uitgesien en het elke oomblik daarvan geniet. Ek sal dit vir die res van my lewe onthou - al die lewenslesse, vriendskappe en vaardighede. Dankie ook vir elke oomblik van voorbereiding om dit vir ons almal 'n onvergeetlike ervaring te maak. Die Vasbyt is definitief iets wat ek sal aanbeveel vir enige seun.
Voorspoed vir die voorbereidings met die volgende toer.
Groete
Stephan Louw
|
 |
Stephan dit is baie meer jou pragtige persoonlikheid as jou mooi oopgesig wat ‘n besondere mens maak. Baie dankie aan jou ouers wat hul Ek sal hul altyd dank verskuldig bly.
|
.JPG) |
Beste oom Andries
Dit is nou n week nadat ons by die huis gekom het en ek mis die Vasbyt en die manne baie. Ek het hierdie week besef hoe baie die Vasbyt jou lewe verbeter en verander.
Die kursus gee mens beslis n voorsprong bo ander seuns en het vir my baie selfvertroue en deursetingsvemoee gegee. Die lewenslesse wat ek op die toer geleer het sal my altyd by bly en sekerlik help om probleme en moeilike situasies beter te hanteer. Ek het op die Vasbyt my algemene kennis en kennis van die natuur verbeter en dit het ook my belangstelling in die natuur geprikkel en my n ware natuurliefhebber gemaak. Die PT het my baie dinge van myself geleer maar tydens die die roetemars het ek veral agtergekom dat jou ingesteldheid en fokus soms baie balangriker is as jou fisiese vermoens. Die spanwerk en leierskaps vaardighede wat ons geleer het sal my beslis help om n suksesvolle persoon te word. Ek dink die Vasbyt is n avontuur en toer soos geen ander en sal beslis n groot impak maak in die lewe van elke vasbyter en dit sal jou beslis help om sukses in die lewe te bereik.. Die Vasbyt is die beste en lekkerste ding wat ek nog gedoen het. Baie dankie oom vir n baie lekker toer en alles wat oom vir ons gedoen en geleer het, ons kon nie vir n beter toerleier en toerpa gevra het nie.
Groete
Johan Bosch |
Johan, ek weet dat jy ‘n besondere goeie opvoeding gehad het.
Dit was duidelik dat die beginsels wat deur jou ouers beklemtoon is
Jy is die tipe ou wat ek altyd in my span wil he.
|
Andries,
Hoe op aarde gaan ons ooit vir jou kan bedank vir wat jy vir Izandre beteken het gedurende die Vasbyt.Izandre kan nie uitgepraat raak oor die kalm manier waarop jy probleme, klein of groot, hanteer het nie. Dankie dat jy hom die geleentheid gegee het om so ‘n rolmodel soos jy te he. Jy is voorwaar ‘n wonderlike mens en gee soveel van jouself vir jou medemens Nou verstaan ons waarom mense met soveel lof van jou praat. Andries, 18 dae kon soos ‘n ewigheid voel vir enige ouer, maar jy het ons op hoogte gehou van julle doen en late, dit het die tyd laat verby vlieg.
Hoe toepaslik was die Vasbyt liedjie se woorde wat die seuns op die lughawe gesing het nie,” Terwyl die ander outjies op die strande gele het, het hierdie seuns manne geword en vriendskappe gebou wat lewenslank sal hou”. Izandre het regtig oornag van n seun in n man verander. Soos jy weet, was ons baie skepties toe ons hoor dat julle Zimbabwe gaan besoek. Dit was egter so wonderlik om te hoor met hoeveel deernis hy praat van die mense wat so swaarkry in Zimbabwe. Die besoek aan Zimbabwe het sy oe en hart oopgemaak.
Ons bid vir jou gesondheid en dat jy nog lank gespaar sal word sodat ander seuns in die toekoms net so geseend sal wees om die Vasbyt onder jou liefdevolle leiding te ervaar.
Linda en Tiaan Ras
|
 |
Izandré voor die toer het ek geweet dat jou ouers bitter lief is vir jou en op die toer het ek gou geleer waarom. Jy is verseker ‘n wenner en ek hoop om nog baie uit ons vriendskap te put.
Aerwee |
 |
Liewe Andries
Ek het nou net van die foto's op die website gesien en kan nou werklik sien waarvan Tiaan oorgeborrel het. Ek wil net vir jou se BAIE BAIE DANKIE vir wat jy en jou span leiers vir my seun beteken het. Tiaan se woorde " Oom Andries is 'n regte vakansie pa". Toe hy hier weg is was hy 'n volwasse seun, maar nou is hy nog meer so met soveel waardeering vir almal en alles om hom. Hy het soveel geleer en soveel vriende gemaak wat ek glo hy nooit sal vergeet. Die werk wat jy insit vir elkeen van die seuns gaan die ongesien verby nie. Net soveel soos jy hulle gaan mis, gaan hulle jou 2 keer soveel mis. Tiaan was reeds, toe ons by die lughawe wegry, spyt dat die toer verby was.
Baie dankie weer vir hierdie wonderlike geleentheid wat jy vir ons kinders bied. Mag alles by die kantoor uitwerk...ons dink aan julle en bid dat die Here julle sal bystaan in hierdie tyd.
Hoop om jou weer te sien by een van Boishaai se wedstryde.
Groete
Jackie Kotze |
Tiaan is in elke opsig ‘n reus. Dit was regtig ‘n voorreg om jou saam te kan hê.
Wanneer jy eendag die hoogste sport bereik moet jy tog nie vergeet, dat ek ook ‘n vriend wil wees nie.
|
LIEWE ANDRIES
ONS IS ALREEDS 1 WEEK IN DIE NUWE KWARTAAL IN EN DIS VANAAND WONDERLIK OM 3 VAN MY 4 KINDERS BY DIE HUIS TE HE. DAN OOK OM TE HOOR HOE HUL DIE BESONDERSHEID EN HOOGTEPUNTE VAN HUL ONDERSKEIE VASBYTE DEEL MET MEKAAR EN MET ONS.
DIE RESPEK WAT HUL VIR JOU HET IS ONMEETBAAR ASOOK DIE DANK VIR DIE WONDERLIKE ERVARING WAT JY VIR HUL MOONTLIK GEMAAK HET. PIETER HET SAAM MET ONS AL ‘N PAAR KEER MEDUMO.POPA-VALLE EN DJUMA-KAMP BELEEF , MAAR DIT IS DUIDELIK DAT HIERDIE ERVARING VIR HOM UITSTAAN. VIR ONS AS OUERS WAS DIT WONDERLIK DAT ONS STAP-VIR-STAP DIT MET JUL KON BELEEF,MAAR OOK DIE SEKURITEIT VAN JOU WAT ALTYD DIESELFDE IS, WAT SOOS ‘N PAAL BO WATER STAAN. MET NIE 1 VAN ONS SEUNS HET EK OOIT ONRUSTIG GEVOEL OOR WAT JUL DOEN PF WAAR JUL GAAN NIE-ONS HET VOLLE VERTROUE IN JOU.
EK DINK NIE JY BESEF HOE ‘N BELANGRIKE MYLPAAL DIE VASBYT VIR ONS AS OUERS IN ONS KINDERS SE LEWENS IS NIE, EN EK KAN MY NIE VOORSTEL DAT ‘N KIND VAN MY DEUR DIE GROOTWORDPROSES KAN GAAN SONDER HIERDIE ERVARING WAT JY VIR HUL MOONTLIK MAAK NIE. OP DIE LUGHAWE WAS DIT VIR MY DUIDELIK DAT DIE OUERS JOU EINTLIK OP DIE SKOUERS WOU DRA, MAAR DAT JY OOK NIE KALKLIG GENIET NIE, MAAR NET ‘N WERKSTUK IN GOD SE HAND IS. DIS WONDERLIK OM TE WEET DAT DAAR MENSE SOOS JY BESTAAN,WAT HUL WERKLIKE DOEL OP AARDE BESEF EN BEREIK.
DANKIE DUS VIR ALLES,ALLES. DIT KLINK NET TE MIN DANKIE, MAAR DIS REGTIG ‘N GROOT DANKIE. STERKTE MET DIE VOERTUIE SE DRAMAS, DIE KANTOORPROBLEME. DIE ERGSTE VAN SO ‘N ‘TRIP’, IS DAT DIE HARDE WERKLIKHEID SO SLEG IS. IN DIE BOS IS DIE LEKKERTE DIE FEIT DAT MENS MOS DIE BASIESE DINGE WAARDEER EN REGTIG JOU DORS , JOU HONGER ENS WEER AS WARE SINTUIE BELEEF. VIR MY VOEL DIT ALTYD ASOF EK HELDERDER SIEN ,RUIK EN BELEEF!!!!!!!!!
PIETER HET VANDAG SY KLEURE-ATLETIEK GEDOEN EN WAS ‘N WARE VASBYTER. HY HET 4 2DE POSISIES EN 1 3DE POSISIE GEKRY. MOEG WAS GEEN OPSIE NIE, AL HET DIE MAAG NOG GEPLA EN HY NOG NIE VEEL KON EET NIE. DIE BEEN NATUURLIK GEEN FAKTOR NIE (HY IS BAIE OPGESKEEP MET SY MA WAT OOM ANDRIES LAAT WEET HET VAN SY SEPTIESE WOND!)
ONS IS DUS BITTER SPYT DAT SY BEURT VERBY IS, MAAR VOEL SAAM MET HOM TELEURGESTELD IN JOU TELEURSTELLING VAN DIE VOERTUIE, EN DIE TOESTAND DAARVAN. HY HET GEEN ANDER LAAGTEPUNTE IN SY TOER NIE-DIE PT HET HY GENIET, ASOOK DIE RES.
HOOP JY BLY STERK EN GESOND EN SO POSITIEF EN MOET TOG NIE GOU OUD WORD NIE, WANT DAAR IS NOG ‘N 4DE BLOM ,WAT OOK OOR 4 JAAR WIL GAAN.!!!!!!!!
DANKIE WEEREENS VIR ALLES.
PIET EN HELENE BLOM,CON,JOHAN, PIETER EN DIHAN
NAPIER |
 |
Pieter (bo) ek dink dat jou ouers baie sondig moet wees.
Ek dink nie dat hul ooit die Here genoeg kan dank vir die besondere seuns wat Hy aan hul geskenk het nie.
Dit is regtig lekker om so ‘n hoflike slim ou te ken met soveel deursettingsvermoë. As jy drie van hulle in een gesin het dan kan jy nie anders as om in verwondering te staan nie. Erwee
|
Liewe Oom Andries
Die tyd is nou verby, maar die herrineringe sal ek vir altyd koester. As ek geweet het hoe om dankie te kon sê sou ek dit gedoen het, maar ek kan nie. Die beste manier om seker vir oom dankie te se, is deur wat ek op die vasbyt geleer het, uit te leef in die wêreld daar buite. Oom het vir my meer geleer as wat oom besef, en vir my ‘n ander uitkyk op die lewe gegee. Ek het iets geleer van myself wat ek nie geweet het ek het nie. Oom se positiewe uitkyk op die lewe het ek ook nog nooit anders teegekom nie. Ek glo vas dit gaan oom deurdra.
Toe oom vertel het hoe oom tussen die seuns en die leeus inbeweeg het; toe ek gesien het hoe oom ons met ‘n graaf verby die leeus gehelp het; toe oom rustig gebly het toe bakkies gestamp is; toe oom altyd bereid was om ons te leer; toe oom altyd laaste opgeskep het; toe oom altyd die beste vir die vasbyters wou gehad het, het ek besef dat oom werklik ‘n ware vasbyter en rolmodel is. ‘n Persoon wat hierdie wêreld nodig het.
Baie dankie vir al oom se wysheid, en oom se moeite om ons deel van daardie 2% te maak, ek sal oom verseker nie teleurstel nie.
Ek en my familie sal aanhou bid vir oom se gesondheid, en vir al oom se toere. Ek hoop oom rus die volgende paar dae, en spandeer goeie tyd saam met oom se familie. As oom ooit iemand nodig het om oom te help is ek daar vir oom. Weereens baie dankie vir ‘n onvergeetlike toer.
Vasbyt-Liefde-Groete
Koos
|
 |
Koos, verledejaar se verlies was beslis vanjaar se wins. Jou ouers is met reg trots op jou en ek is net so trots om jou nou ‘n vriend te kan noem
Sterkte vir die eerste jaar op universiteit en weet dat ek jou vordering met groot belangstelling dophou. Aerwee
|
|
 |
Baie dankie vir die voorlopige verslag, en eerstens vir die veilige
terugbring van ons seun. baie sterkte by die huis en kantoor. Hoop alles
werk uit en daar sal die regte uitkoms wees vertrou maar die hoer hand.
Kobus, Johan en durr het die 21ste n akedemiese prysuitdeling van 2008 se
resultate .besef dit is gou en verstaan ook dat daar n magdom admin sal wees
na so n toer , maar ek noem dit maar net. U is natuurlik altyd welkom om
hier oorte bly.Ons sien sommer al klaar baie positiewe tekens na die toer en
ons hoop om daarop voort te bou. Nogmaals baie dankie vir die geleenthied
wat vir hom geskep was ,ons sal die vasbyt altyd promoveer en ondersteun.
Groete kobus se ouers
Kleinboet jy is ‘n spesiale jongman.
Jy is ‘n brugbouer en mens wat maklik is om lief te hê. Ek gaan baie na jou verlang.
|
|
Beste Andries,
Ek het die beste van my Sondagaand in verwondering gesit en luister na hierdie seun van my.
'n Mannetjie wat my in trane van frustrasie gehad het die 1ste Januarie was nie meer daar nie.
In sy plek was n jong man met n onskuldige ongeloof van hoe groot God, die natuur en die Vasbyt was.
Sy stories en herlewings van die 18 dae is iets van hy vir ewig gaan ronddra.
Ons het deur sy boekie gegaan, sy teks wat hy geskryf het oor hoe hy dit ervaar het - iewers in die nag (my geheue laat my nou in die steek).
Hoe hulle ervarings so anders - ek praat van ongelooklik anders - was as wat hy verwag het.
Ja, die pyn van die PT is ook vir my beskryf - maar met trots! Die wonder van die dierelewe, die velde, die natuur, die sterre, die koningskos wat hulle gekry het, die slaap in die reen, die roetemars se sielkundige oorlog .... dit als was oorgedra met soveel passie...
en als te danke aan die 'ongelooflike man van staal'- soos hy jou noem, asook die ander leiers betrokke.
Woorde gaan nie vir jou kan dankie se nie - nie van n Ma se hart af nie. Weet net dat ek weet - wat jy en God wou vermag het julle met Sean-Marco reggekry.
En ek ag dit my plig om hom te help om die positiewe lewensuitkyk wat hy nou het, vol te hou.
As jy n Vasbyt vir vroue en dogters gehad het - was ek en my dogtertjie ook op die lys!
Alle verwagtinge is oortref!!
Baie groete
Corine Vorster
|
|
|
Sean jy is soos ‘n goeie bier.
Effens bitter
Beslis nie soet nie.
Maar altyd lekker en verfrissend.
Dankie dat jy is soos jy is.
Aerwee
|
| |
Hallo Andries
Ontmoet en gesien het ons nog nie, maar deur al jou kommunikasie en wat ons
voorheen gehoor het van jou, het ons wel al meer van jou as persoon begin
ken en ook geweet ons kan ons kind in jou hande laat.
Dit was vir Nardus 'n geweldige positiewe ervaring en verreiking in sy lewe
om hierdie Vasbyt te kon mee maak.
Daar was gister bloot net te min ure om nog van alles te kon hoor, maar hy
bly borrel van ondervindinge en ervaringe wat julle saam gedoen en gedeel
het. Hy het dit geweldig geniet!
Daar is ook gesprekke wat julle gehad het waarvan hy ons vertel het, wat
duidelik 'n indruk op sy lewe gemaak het en wat hy beslis verder met hom sal
neem in sy lewe.
Dankie vir jou boodskap aan die ouers op George lughawe, ons waardeer dit.
Jy kon ook die samehorigheid en energie sien toe hulle saam die Vasbyt Lied
op die lughawe gesing het (verbystappers se koppe het gedraai en selfs gevra
waarvandaan hulle nou kom en wie bied dit aan). Glo my, ons wil graag ook
ons seuns laat groei en standvastig hulle plek as leiers en ondernemers laat
volstaan in hierdie wereld. Ons maak almal foute en is nie altyd daarop
gefokus nie, maar met die Here se krag en leiding probeer elkeen van ons die
beste doen.
Ek wil namens myself en Joni (my vrou) vir jou en ook jou hulpe, baie bedank
vir dit wat julle vir ons seuns in die 18 dae gedoen het. Ek glo dat ons in
hul toekoms die groei in hul eie persoonlikhede sal sien en die volle waarde
van hierdie vasbyt sal in hul hele lewe nog na vore kom.
Ons dra jou en julle kantoor in hierdie omstandighede aan die Here op, die
enigste manier om dit te kan hanteer ---- Baie Sterkte, dink aan jou!
Ons sien uit om jou by een of ander Oakdale geleentheid te ontmoet, en ek
glo van wat ek gehoor het sal Nardus ook in die toekoms nog gereeld met jou
in verbinding wees.
Baie groete
Len
|
|
Nardus dit is so maklik om lief te wees vir jou.
Jou aangename persoonlikheid en entoesiasme is aansteeklik.
Jy is ‘n leier par excellence.
Jy is die droom seun vir elke pa of toerpa.
As jy nie suksesvol is nie weet ek jy het aan die suip gegaan.
Hou op die pad en jy gaan verseker ‘n wenner wees.
Aerwee
|
.JPG) |
|
Andries
Baie dankie vir alles wat jy vir die seuns gedoen het gedoen het - ons besef dat dit nie regtig hier oor geld gegaan het nie en hoop die Here bles jou op vele maniere vir die tyd en ander bronne wat jy insit om 'n verskil te maak in hulle lewens. Ek kan jou verseker Andries kan nie ophou praat/deel oor hierdie ervaring nie - ekself moes ongelukkig al gisteraand weer by die kantoor gaan draai en is vanoggend vroeg weg Suid-Kaap toe. Sal weer Wo met hom opvang.
Soos versoek, bid ons vir die sake soos gemeld in jou e-pos.
Met so ‘n besondere naam het ek net die beste van jou verwag en ek was nooit telleurgestel nie. Ek is trots om jou as vriend te kan hê. Andries Erwee
|
 |
|
|
Beste Andries
Ek wil net graag vir jou dankie sê vir wat jy in ons seuns se lewens ingesit
het in die 18 dae! Ek kan sien jy doen dit met 'n passie en dit is beslis
nie maar net ' jou werk ' nie! Ek het Christiaan se hele tog met
belangsteling gevolg op die kaart en kon visualiseer oral waar jul was,
siende dat ons as gesin ook al baie van die plekke tevore besoek het. Ek
het bv as 13 jarige kind saam met my pa en oom gejag in die maduna omgewing.
Ons het daar op die Kwando rondgery met 'n boot : dit was natuurlik in die '
goeie ou dae' toe alles nog wild en woes was!
Ek kon nie self vir Christiaan by die lughawe op George kry nie, maar toe hy
5nm tuis kom het ek hy buite langs 'n vuur gaan sit en hy het elke dag
breedvoerig vertel en moes tussenin al my vrae beantwoord. Dit was eers
9nm [ 4 uur later] voor ons klaar gekuier was!
Ons as ouers is trots op wat hy gedoen het en ek is ongelooflik beindruk met
jou vermoë om so 'n kursus aan te bied. Die seuns het die hoogste dunk van
jou. Ek glo die Here gebruik jou om in die lewens van ons jeug betrokke te
raak. Ek kan net nie dink aan 'n beter ervaring wat ek vir Christiaan sou
kon aanbied hierdie vakansie nie.
As ek luister na al die moeilikheid met die Fords dan is ek bly ek ry 'n ou
Landrover, wat my al reg deur suidelike afrika geneem het! [ weet jy is nie
'n landrover fan!] Nouja klink my op die end was die landrover die voertuig
wat die meeste sleepwerk moes doen.
Ek is baie jammer dat ons jou nie kon ontmoet nie, maar ek gaan beslis
moeite doen om dit wel te doen. Asseblief, as jy ooit deur Ladismith ry,
kom loer in. Jul kan hier oorslaap ook - ons het baie plek. Ons kan hier
'n mini reunie hou want hier was 3 seuns van Ladismith en die spul van
George en Oudtshoorn se wereld kan ook oorkom.
Ek is baie jammer om te hoor van al die verliese: die skade aan voertuie en
ook die rekenaar toerusting.
Nogmaals baie dankie. Ons bid ook vir jou probleme op kantoor en glo alles
sal beter gaan.
Groetnis
Pieter en Trudie Blignaut
|
Christiaan jy verstaan die Here sy opdrag om gou te wees om te luister en stadig om te praat.
Dit was lekker om te sien hoe belangrik jou ouers vir jou is
En dit was lekker om jou vakansie pa te kon wees.
Wees verseker dat jy, jou ouers en groot ouers 'n onuitwisbare merk in die Koninkryk van ons here gemaak het en steeds maak. Ek is trots om jou as vriend te kan hê. Aerwee
|
|
Jammer ons antwoord nou eers, maar die skooljaar het so ontsettend vinnig begin en daar was gister net nie tyd om hierdie uiters belangrike brief te skryf nie.
Eerstens baie dankie vir 'n wonderlike vakansie wat Japie kon beleef. Hy verseker ons aanmekaar dat daar nie 'n oomblik was wat hy dit nie wou gehad het nie.
Baie dankie ook vir 'n deel van die wereld wat hy kon sien wat nie sommer moontlik sou wees as dit nie vir hierdie toer was nie. Dankie vir geleenthede wat hy kon benut; vir die feit dat hy kon besef waartoe hy werklik instaat is wanneer daar druk geplaas word, vir groepwerk waarin hy moes funksioneer en vele ander - te veel om op te noem.
Hy het vanaf George seker nie vir 'n oomblik ophou vertel nie. Alles was net lekker en goed. Dankie daarvoor. Japie bewonder jou vir die feit dat jy glo nie sommer kwaad word nie. Hy het beslis daaruit iets geleer.
Hy sê ook dat indien hy more weer kan gaan, hy beslis dit sal doen.
Dankie ook en dis seker die belangrikste dat ons kinders in 'n groep kon funksioneer waartydens ons Hemelse Vader gereeld aanbid en vereer is. Dis nie elke dag dat jy soooooo 'n toer kry nie. Mag die Here jou ook behoed en bewaar in hierdie moeilike tye wat jy nou beleef, wees verseker ons onthou jou in ons gebede.
Laastens wil ons net sê BAIE BAIE DANKIE!!!!!!!!!
|
 |
Japie jou groot liggaam is veels te klein vir jou enorme hart.
Japie Botma is ‘n wenner wie se naam en telefoon nr almal wat wys is, altyd sal hou.
Jy is ‘n vriend van wie ek net die heel beste verwag. Aerwee
|
|
Goeie naand oom... ek wil net vir oom baie dankie sê vir 'n heerlike vasbyt toer. Ek kon agter kom dat dit my die 2-5 % by gegee wat my sal laat uitstaan bo die res... en dis als aan oam te danke. Ek glo die vasbyt was 'n reuse sukses soos altyd. Sonder oom sal dit nooit die selfde wees nie ! Eek verlang na oom en al my maats al klaar en wens die vasbyt het nou eers begin... Dit was baie lekker om oom se seun te kon gewees het vir die 18 dae en sal dit beslis nooit vergeet nie. En ek glo al ons ouens is baie jammer oor hoe ons die bakkies hanteer het en ek glo ook ons almal het ons les geleer. Ek wil oom ook net laat weet dat waneer oom my okal nodig het enige tyd kan oom my skakel. Indien oom ook leiers kort vir volgende jaar kan oom op my knopie druk eks hier as oom my kort ! En ek sal dit geniet om ook weer in jong vasbyters se lewe te kan in ploeg en 'n verskil aan hulle lewe te maak. Oom my selfoon nommer het wel verander na 0720923409 so asb ook kan my enige tyd enige iets vra... En dankie oom is die beste !
|
|
Ek is trots om ‘n regtige champ te ken. Jou uitstaande fisieke vermoeëns word nietemin oorskadu deur jou sankelende persoonlikheid en innerlike krag.
Aerwee
|
|
 |
Hallo Oom Andries
Ek wil maar net weereens vir oom baie dankie sê vir 'n vakansie duisend. Dit was regtig vir my, en sekerlik vir die ander ouens ook 'n vakansie duisend. Ek sal net nooit die regte woorde kan kry om die gevoel en ervaring van die kamp te kan beskryf nie en oom is definitief die perfekte mens om so iets aan te bied. Ek bid en glo regtig dat die kamp sal voortgaan en dat meer en meer jong ouens dit sal bywoon, dit raak almal verseker en het 'n groot impak op jou lewe.
Ek het baie van die natuur en ander mense geleer maar die meeste van alles het ek myself baie beter ontdek. Ek het dinge aangepak en gedoen en besef hoe 'n sterk mens ek fisies en emosioneel is. Ek sien kans vir baie. Van die roetemars tot die kleiner dinge soos kosmaak, skoonmaak, ver bestuur en min slaap ontdek jy jou kragte. Die PT , bungy jump, white water rafting, die kamp, die kos en droëwors en pepsi die canfruit die ouens die leiers die aande om die vuur en dan bo en behalwe alles, OOM , skep net eenvoudig die lekkerste, hardste, opwindentste en beste atmosfeer ooit.
Ek kon vir ewig aanhou skryf , maar oom Andries ek wil regtig net vir oom duisend dankie sê. Oom het dit die beste dae van my lewe gemaak. Ek hoop ek kan dit wat ek geleer het voortbring in my lewe.
Baie Dankie en Groete
Durr Steenkamp
|
|
Durr ek het lief geword vir jou.
Ek het lief geword jou stoutigheid en al jou planne.Jy is die tipe seun wat elke pa begeer. Jy geniet dit om 16 jaar oud te wees en jy leef met 'n aansteeklike entoesiasme. Jou energie is aansteeklik en jy is sekerlik so na as wat 'n mens kan hoop aan 'n perfekte jongman. Daar is altyd 'n kreatiewe plan iewers in daardie baie gesonde brein besig om gestalte te kry. Al daai planne help sekerlik nie altyd vir ma om lekker te slaap nie, maar vir ons is dit net groot om te sien. Pasop om jouself nie seer te maak nie. Ons land gaan jou nog baie nodig kry. Aerwee
|