In 29 Desember uit 2 Jan Victoria Falls - Vertrek vanaf die O.R Tambo Internasionale Lughawe en vlieg na Victoria Falls. Hier doen ons, ons voorbereiding vir die Kalahari-Vasbyt. Op oujaarsaand geniet ons die aktiwiteite wat normaalweg in hierdie vakansiedorp aangebied word en op 1 Januarie slaap ons laat. Daarna gaan ons na die brug vir ons geliefde of gevreesde bungee. Op 2 Januarie durf ons die woeste waters van die Zambezi aan voordat ons die grens na Botswana en Kasane oorsteek.
In 2 Januarie & uit 3 Januarie: Chobe: Dit is ʼn rustige dag. Ons gaan ons na die Chobe Nasionale Park naby Kasane in Botswana. Hierdie is pragtige wêreld en ons gaan een nag vertoef om al ons goed reg te kry en sommer net te ontspan.
In 3 Januarie & uit 5 Januarie - Savuti:Ons doen eers 'n wildrit langs die rivier voordat ons na Savuti vertrek. Savuti is sonder twyfel een van die plekke in Suider-Afrika met die meeste wild.
In 5 Januarie & uit 7 Januarie - Khwai-rivier, Moremi: - Hier is ons binne die Okavango Delta. Khwai is my gunsteling kamp plek in die Okavango Delta en daarom bly ons twee nagte hier.
In 7 Januarie & uit 9 Januarie - Maun: - In Maun kry ons diatom voorrade vir die res van die safari.
In 9 Januarie & uit 12 Januarie - Sentraal-Kalahari Wildreservaat: - Ons eerste dag in die Sentraal-Kalahari het aangebreek. Ongetwyfeld bereik ons hier die hoogtepunt van ons kursus. Dit is ook hier waar jy waarskynlik die naaste aan wilde diere sal kom. Dis nie net fisies nie, maar hier gaan jy agterkom wat dit beteken om in harmonie met die Skepper en die skepping te leef. Derduisende vlaktediere trek vanaf laat Desember tot April in Deception Valley saam en hulle word gevolg deur groot troppe leeus en ander roofdiere. Saans staan jy wag terwyl jou maats slaap. So bou ons vertroue in mekaar en ervaar ons die natuur.
11 Januarie - Sentraal-Kalahari Roetemars: - Die roetemars is die hoogtepunt van elke Vasbyt-kursus en as jy nie fiks is of geestelik reg gemotiveer is nie, sal jy dit beslis nie voltooi nie. Tog hoef jy geen superman te wees nie. Jy gaan genoeg water en die regte kos kry om dit te vermag. Selfs ouens wat nog nooit aan sport deel geneem het nie, het in die verlede hierdie uiters moeilike avontuur geslaag omdat hul genoegsaam in hul eie uithouvermoë geglo het.
In 12 Januarie & uit 13 Januarie - Lethlakane: - Vandag se program behels ʼn kort rit tot by Lethlakane waar ons die Kalahari sand af spoel en ontspan na die harde roetemars. Ons berei egter terselfdertyd ook onsself, en ons bene, voor vir die laaste PT en laaste 3000 M.
In 13 Januarie & uit 14 Januarie - Khama Rhino Sanctuary: - Ons bly en doen ons laaste PT oefening in ʼn jeugkamp terrein, waarnaas ons alles skoon asook reg maak alvorens ons die kwalifiserende PT af handel.
In 14 Januarie & uit 15 Januarie - Klein Kariba: Die reëls bepaal dat ons vanaand nog die finale tydtoets moet voltooi. Daarna kan ons lekker ontspan in die warmbaddens. Die glybane was in die verlede baie gewild. Veral omdat ons nie veronderstel was om na middernag daarop te wees nie.
15 Jan - Huiswaarts: - Ons ry tot by die O.R. Tambo Internasionale Lughawe, vanwaar jy terugvlieg na waar jy bly of skoolgaan. (Die terugvlug is ook ingesluit by die prys van die toer).