|
|||||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
KALAHARI VASBYT 2011Vogende jaar gaan heel besonder wees met Nuwejaar in Victoria FallsSedert 1987 maak die Kalahari-Vasbyt ʼn verskil in jongmanne se lewens. Die kursus is fisies en geestelik moeilik, maar die wetenskaplike basis waarop dit aangebied word verseker dat jy dissipline leer en fiks word sonder om verneder te word. Trouens dit gaan waarskynlik die lekkerste vakansie van jou lewe word. Daar sal niks van jou gevra word wat die toerleiers nie ook bereid is om te doen nie. Die Kalahari-Vasbyt is 'n gesubsidieerde kursus. Fondse word deursigtig hanteer en alle gelde wat jy betaal (en die van ons borge) word tot die toerlede se voordeel aangewend. Ons glo dat jongmans wat daarvan droom om 'n verskil in die wêreld te maak, moet eenvoudig die kursus doen. Dit gaan jou 'n besliste voorsprong in die lewe gee wat moeilik inghehaal sal kan word. Die vissermanne gaan genoeg tyd kry om hul slag in die Kwando Rivier en in die Okavango Delta te bewys. Ons toer begin op 1 Januarie om 12h00 by die O.R. Tambo lughawe by Johannesburg. Jy kan dus nog Kersfees en Nuwejaar saam met jou vriende afsluit. Ons besoek ook die Caprivi nadat ons die woeste witwaters van die Zambezi gaan probeer tem. Vanjaar word die Okavango Delta ook besoek. Dan kom die Sentraal-Kalahari aan die beurt. Die Sentraal-Kalahari is die wildste wêreld waaraan jy kan dink. Gedurende Januarie wemel hierdie omgewing van Springbokke, Blouwildebeeste, Gemsbokke en predatore soos leeus en die bedreigde bruin Hiënas. (Dit gebeur +- elke 10 jaar dat daar min diere is.) Deur vir hierdie avontuur in te skryf verbind jy jouself daartoe om hard te werk en ʼn groot sukses daarvan te maak. As jy nie belangstel nie, is jy welkom om by die huis te bly. As jy saamkom sal jy ook moet saamwerk. Alhoewel ons vroeër jonger ouens geneem het, verkies ons dat jy minstens 15 en nie ouers as 18 jaar is nie. Die ouens wat die kursus aan die begin van hul gr 11 of 12 jaar doen, vind waarskynlik die meeste baat. Ons neem ook ouens wat net klaar is met skool. Die koste van hierdie toer sal R11 680-00 beloop. Dit sluit alle etes, vervoer en ontspanning in. Witwater rafting, Bungi Jumping en die Victoria Watervalle is ook ingesluit. Dit alleen kos meer as R2000 per persoon, maar is ingesluit by die prys. Dit is ʼn uitdruklike voorwaarde vir deelname aan die toer dat jy nie meer as R700-00 sakgeld mag saamneem nie. Die toer is vol aangename verassings. Tog is dit ook belangrik om daarop te let dat jy fiks terug gaan kom. Boonop sal daar van jou verwag word om die aangehegte beginsels te onderskryf. Onthou dat dit meer van ʼn veldgidskursus as ʼn gewone vakansie toer is. Op hierdie toer rook en drink ons nie en dit geld ook vir my. Ons kry saam swaar en ons speel saam, al kry dié wat ouer is as 40, so ʼn bietjie afslag tydens PT. Wat julle eet en drink, eet en drink ons. As daar koeldrank is kry die volwassenes slegs as daar oorbly en as ons eet, eet die volwassenes laaste. Daar is geen ‘bungalows’ of spesiale geriewe vir die volwassenes nie. As ons ʼn luukse vir ons gun, maak ons seker dat julle ook daarin deel. Dit is die gees van die Kalahari-Vasbyt en dit is ons enigste belofte aan jou.
As jy ʼn jongman met karakter is wat avontuur wil beleef, lang ente wil bestuur in die veld, die omgewing wil leer ken en wil uitstyg bo die gemiddelde, is hierdie kursus waarskynlik net waarvoor jy gewag het. Die Kalahari-Vasbyt word geborg deur
|
||||||||||
|
|||||||||||
|
|||||||||||