LEIERS IN JEUGTOERE SEDERT 1987

"Ons help ons kliënte, werknemers, aandeelhouers en die gemeenskappe waarin ons opereer om hul doelwitte te bereik deur gehalte omgewingsvriendelike toere en deur verspreiding van inligting ".

Tel 021 8550395
STUUR E-POS

Soek Temba akkommodasie
Soek Temba Jeugtoere
Kies niks om hele web te soek

Maak dit jou Tuisblad  
Klik en luister
 

LEER KEN JOU WêRELD MET TEMBA REISE

Slegs die Vasbyt en die Junie JIP toer gaan in 2011 plaasvind. Dit is die laaste toer waarin Andries Erwee die toer sal aanbied en omdat daar 40 plekke minder as ander jare is gaan die toer gou volbespreek wees. Die Vasbyt gaan voortaan plaasvind soos in die verlede.

Andries Erwee het die onderneming in 1987 begin vanweë sy liefde vir tieners en sy passie vir Afrika en die wêreld. Sederdien het Andries, sy gesin en Temba Reise talle toere na Europa, Namibië, Botswana, Zimbabwe en feitlik elke ander Afrikaland onderneem.

Temba Reise is egter nie slegs verbind tot Afrika nie. Van 1993 tot 2003 het Temba Reise/Safaris die uiters gewilde Jong Burger- of later JIP-toer saam met KFM en Die Burger na Europa aangebied. Sedert 2004 word die toere slegs deur Temba Reise/Safaris gedoen. Die gewildheid van die jaarlikse Europa Jeugtoer het so toegeneem dat daar dringend ook meer plek gemaak moes word om aan die geweldige aanvraag te voldoen. Om op die Groot Europa Jeugtoer plek te kry het werklik moeilik geraak.

Daarom is daar ook nou 'n April toer. Ons noem dit die Europa Treintoer omdat hierdie toer van Europa se vinnige treine as vervoer gebruik maak. Die toer is veral gewild omdat dit gedurende April nie so uiters warm in Italië is nie en omdat die treine so vinnig tussen stede beweeg. Boonop is die akkommodasie redelik sentraal.

Daar is natuurlik ook soms jeugtoere na Amerika en die Ooste. En dit is veral die Oosterlinge wat hul jongmense na Suid-Afrika stuur om hier 'n Geografie kursus te kom doen.

Die Kalahari-Vasbyt kursus word in Januarie in Namibië, Zimbabwe en Botswana aangebied. Dit is 'n geestelik en fisiek uitmergelende toer. Die belangrikste van alles is egter dat die jongmanne die Kalahari-Vasbyt geniet en boonop as leiers met groot karakter terug keer.


Etosha Accommodation: Accommodation at Etosha National Park in Namibia.
Damaraland accommodation :
Accommodation in Damaraland. Vingkerlip lodge and Palmwag.
Swakopmund Accommodation Do your Swakopmund self-catering and hotel accommodation.
Windhoek Accommodation
Accommodation, hotels and self-catering accommodation in Windhoek in Namibia.
Arebbusch Self-Catering Arebbusch self catering accommodation in Windhoek Namibia