TEMBA JEUGTOERE

Tel 021 8550395

TEMBA KOLLEGE EN REISE IS LEIERS IN JEUGTOERE SEDERT 1987

 

STUDENTETOER

Tuis

Inskrywingsvorm

VASBYT

Home

LEER KEN JOU WÊRELD MET TEMBA KOLLEGE.

Temba Kollege is nie 'n gewone dagskool nie. Trouens mense beleef ons selde as 'n skool. Ons ondersteun die skole en hul uiters belangrike taak terwyl ons daardie baie spesiale ekstra aan bied wat so noodsaaklik is, as jy jou volle potensiaal wil bereik. Weg van die gewone skool en gewoonlik in 'n omgewing waar daar veel meer vryheid is.

Temba Kollege se jeug toere is geen gewone vakansie toere nie. Alhoewel die jongmense hierdie toere geweldig baie geniet word hul voorberei om hul plek as leiers in hul gemeenskappe vol te staan.

Die opvoedkundige waarde van hierdie toere en kursusse is net so bekend as die feit dat die meeste mense wat so 'n toer meegemaak het, dit as die hoogtepunt van sy of haar tienerjare beskou.

Jy word aangemoedig om jou potensiaal ten volle te ontdek terwyl jy Europa of Afrika rooiwarm kuier. Hopenlik sal jy nie weer bereid wees om gemiddeld te wees as jy op een van hierdie toere of kursusse was nie.

Andries Erwee het die onderneming in 1987 begin vanweë sy liefde vir tieners en sy passie vir Afrika en die wêreld. Sedertdien het Andries, sy gesin en Temba Kollege talle toere na Europa, Namibië, Botswana, Zimbabwe en feitlik elke ander Afrikaland onderneem.

Temba Kollege is egter nie slegs verbind tot Afrika nie. Van 1993 tot 2003 het die uiters gewilde Jong Burger- of later JIP-toer saam met KFM en Die Burger die toer na Europa aangebied. Sedert 2004 word die toere slegs deur Temba Kollege gedoen. Die gewildheid van die jaarlikse Europa Jeugtoer het so toegeneem dat daar dringend ook meer plek gemaak moes word om aan die geweldige aanvraag te voldoen. Om op die Groot Europa Jeugtoer plek te kry het werklik moeilik geraak.

Ons wil regtig graag deel van jou lewe word. 'n Bietjie in jou lewe belê en saam met jou die heel beste vakansie ooit geniet.

Daar is natuurlik ook soms jeugtoere na Amerika en die Ooste. En dit is veral die Oosterlinge wat hul jongmense na Suid-Afrika stuur om hier 'n Geografie kursus te kom doen.

Die Kalahari-Vasbyt kursus word in Januarie in Namibië, Zimbabwe en Botswana aangebied. Dit is 'n geestelik en fisiek uitmergelende toer. Die belangrikste van alles is egter dat die jongmanne die Kalahari-Vasbyt geniet en boonop as leiers met groot karakter terug keer.


paris temba tour temba students water rafting temba students in coliseum