PRYS EN VOORWAARDES VIR JUN/JUL TOER 2011

TOERKOSTE

Die prys van die toer beloop R28 980.00 vanaf Kaapstad of Johannesburg vir persone met ‘n betroubare internet verbinding en R29 980 vir persone wat hul pos per faks moet ontvang. ʼn Deposito van R2000 is nodig om jou bespreking te bevestig. Lees asb. hierdie gedeelte deeglik deur om later skokke te voorkom.

Die toer kan slegs per tjek of kontant betaal word. Geen kredietkaarte sal aanvaar word nie. Die prys is onderhewig aan ‘ ʼn valuta prys van R10.00 teenoor die Euro. Indien die valuta of die vliegkaartjie met meer as 3% verander sal die prys weer aangepas word. (Enige rigting) Die finale prys sal op 01 Mei 2011 bereken word. NB: Let op beperking vir bagasie. Jy kan die prys vasmaak en boonop afslag kry deur van ons spesiale aanbod gebruik te maak. AFSLAG

Hoe word die finale koste bereken?

Daar word R8000, synde die vliegtuigkaartjie en administrasie, van die totaal afgetrek = R20 980

Die R20 980 word dan deur die oorspronklike wisselkoers gedeel. R20 980 ÷ 10 = Euro 2098. Dit is die Euro bedrag vir die toer.

Die 2098 word dan vermenigvuldig met die aankoop wisselkoers van die dag bv 2098 x 12.50 = R26225. Daarna word die R8000 weer bygetel. As die wisselkoers verswak na R12.50 sal die toerprys dus styg na R34 225. Indien die wisselkoers sou verbeter (soos wat in 2010 die geval was raak die prys natuurlik minder.

 

WAT IS INGESLUIT BY DIE PRYS:

  • Ekonomiese klas retoer vliegtuigkaartjie vanaf Kaapstad of Johannesburg
  • Alle trein vervoer soos op die program aangedui.
  • Alle besienswaardighede, stadstoere en vaarte soos op die program aangedui.
  • Akkommodasie in ʼn hostel in Londen, Chalets en Jeughostelle op die vasteland in Europa. (Ons gaan dikwels 4 en selfs 6 mense een slaapsaal deel.)
  • Ontbyt en aandete regdeur die toer behalwe in Nice en die laaste oggend se ontbyt.
  • NOTA: Bagasie met die vertrek mag 13 kg weeg en met die terugkoms 20 kg. Addisionele bagasie kos R200 per kg. Let Op - Die vliegtuig laat 20 kg bagasie toe, maar ons het die res van die gewig nodig vir ons toerusting.

UITGESLUIT BY DIE PRYS:

  1. Visums en paspoorte. Ons sal jou behulpsaam wees met die verkryging van die visums. Jy sal egter die koste daarvan te wete, 80 Euro, moet betaal. Jou Britse visum gaan ook GBP 60 kos.
  2. Middagetes
  3. Toere nie in die program as deel van die toer genoem nie. Museumfooie en toegangsgelde.
  4. Sakgeld: R6000.00 sakgeld behoort voldoende te wees.
  5. Versekering +- R600.
  6. Lughawe belasting. Dit was in 2008 reeds meer as ‘n R4000 rand, maar in 2009 slegs R550 en in 2010 R3500 . Let wel jy kan hierop ook nagenoeg R1500 spaar deur van die spesiale aanbod gebruik te maak.
  7. Middagetes en aandete en ontbyt in Nice asook ontbyt die laaste oggend in Rome

KARAKTER VAN DIE TOER:

  • Daar is baie vrye tyd.
  • Akkommodasie is beslis nie luuks nie. Soms slaap tot 6 persone in een slaapsaal. Badkamers is nooit binne die kamers nie en die Europese kampeerterrein is nie naastenby so skoon soos die in Suid-Afrika nie.
  • Daar word soms van jou verwag om te help met skottelgoed en ander klein takies.
  • Jy word as jong volwassene hanteer, maar enkele reëls word streng toegepas. As jy nie by die reëls soos vervat in die ooreenkoms wil hou nie, moet jy asb. nie inskryf nie.
  • Dit is beslis nie ʼn drinkers toer nie en Christelike norme word gehandhaaf.
  • Daar is verpligte uitstappies.

NA EUROPA JEUGTOER TUISBLAD

INSKRYWINGSVORM