HIERDIE BAIE GEWILDE TOER GAAN NIE IN 2011 PLAASVIND NIE. DIT IS AS GEVOLG VAN PERSOONLIKE REDES. ANDRIES ERWEE IS NIE BESKIKBAAR AS LEIER NIE. DIE JUNIE TOER GAAN WEL PLAASVIND

Die April toer is vinnig besig om meer gewild as die Junie toer te word. Ons bly langer op plekke en ons ry dus minder. Omdat dit 'n kleiner groep is leer die jongmense ook baie meer.

Die weer is normaalweg uitstekend op hierdie toer. dit is nie meer so snerpend koud in Londen, Parys en Lucerne nie terwyl dit nog nie onhoudbaar warm is in Italie nie.

Op ‘n Temba toer neem ons dinge effens rustiger. Dit maak geen sin om van een stad tot die volgende te jaag nie. Daarom bly ons orals minstens twee nagte en in die groot stede drie nagte. As jy lande tel kan jy sekerlik meer lande in die tyd inpak, maar as dit by ervarings kom, sal jy moeilik meer beleef.

Op hierdie toer bly ons sentraal of redelik sentraal en eet in die plekke waar ons bly. Die kos is dalk nie op dieselfde standaard as wat ons self maak nie, maar geen tyd gaan verlore daardeur nie.

Die groep bestaan uit ʼn maksimum van 30 persone. Dit maak dit klaar baie meer intiem. Die treine is blitsvinnig en baie gemaklik. Alhoewel ons sitplekke en nie slaapplekke op die treine het nie, gebeur dit dikwels dat jy jouself oor drie banke kan uitsprei en lekker slaap. Snelhede van meer as 300 km per uur word soms gereis. Deur van treine gebruik te maak, spandeer ons die meeste van die tyd by ons bestemming en nie in verkeersknope nie.

Daar is regdeur die toer ʼn fyn balans tussen vryetyd en besienswaardighede. Jy sien alles van belang, maar ook nie meer as wat jy kan opneem nie. Dit is boonop op jou ouderdom toegespits. Jy word nie soos ʼn kind behandel nie, maar die hele dag word ook nie opgeneem deur fyn detail waarin jy dalk ook nie sal belangstel nie. Ons weet dat jy die meeste leer deur ervaring en daarom gee ons jou regtig baie tyd om Europa op jou eie te sien en te ervaar.

Op hierdie toer is daar ook meer as genoeg tyd vir inkopies. Jy sal net moet onthou dat dit wat jy koop, moet jy ook kan dra.

Dit is 'n jeugtoer en slegs persone tussen 15 en 18 jaar kan deelneem. Daar word lekker gekuier, maar die besienswaardighede van Europa bly die belangrikste attraksie. Daarom oornag ons ook in die stede en nie op treine nie.

Die waarde van die toer lê daarin dat tieners leer om in die "global village" te leef en sukses te behaal. Dit kan nie gedoen word deur van een plek na die volgende te hardloop en in lang toue te staan nie.

Ons bereik ons opvoedkundige doelwitte deur die tieners geleentheid te gee om Europa ook op hul eie te verken. Om die doelwitte te bereik is dit noodsaaklik om langer op plekke te spandeer. Dit is waarom ons minstens twee nagte op 'n plek vertoef en drie nagte in Londen, Parys, Lucerne en Rome.

Die akkommodasie op die toer is altyd redelik sentraal geleë. Ons etes kry ons in die plek waar ons bly (of daar naby). Jy het ook nie nodig om eetgerei (soos op Junie toer) saam te neem nie.

Opvoeding is ons passie. Daarvoor het ons selfs al internasionale erkenning gekry. Ons metodes is so dat jy dit nie eers sal agterkom nie. Jy sal waarskynlik die toer net geniet. Ons is vasbeslote om die toer die beste en lekkerste ervaring denkbaar te maak.