VENICE

Die weer bly mooi en die trein luuks. Ons het egter geleer dat Switserse presiese nie werk as dinge druk gaan nie. Daar was talle dubbel besprekings in die treine.

Dit het ons egter nie afgesit nie. Ons het die treinryery terdeë geniet.

Die kamp in Venisië bly 'n baie gewilde plek, onder ons jongmense en selfs ons toerleier kon nie die groepsdruk weerstaan nie. Die dansvloer was net te klein en daarom doen hy sy ding toe sommer bo op die tafel.

Elke derde dag hou ons 'n vasvrae. Ons neem in spanne van twee deel en die wenspan geniet 'n besondere prys. Hierdie keer was daar drie spanne wat 7 uit 20 gekry het. (As jy dink dit is swak, kyk eers onder aaan die blad en sien of jy beter sou doen.) Die wenners te wete Christiaan Blignaut en Lizelle Marais is met 'n loting bepaal. Hul prys was 'n ete saam met die toerleier in een van die besondere straat kafees van Venisië.
Venisië is 'n romantiese plek, maar dit doen net mooi niks aan ons vyf manne nie. Soms kry 'n mens hulle om saam met een van ons 15 pragtige meisies op 'n foto te verskyn, maar verder as dit sal dit nie gaan nie. Die meisies is al so raadop dat hul saam met die toerleier in boekwinkels soek vir 'n boekie vir die manne. Hulle hoop dat iets soos "Wat elke seun moet weet" darem 'n verskil behoort te maak. Die probleem is dat die boekies almal in Italiaans is en ons seuns waarskynlik daarom ook nie eers die sketse sal verstaan nie. Hier sien jy hoe ons vyf manne alleen op die "romantiese" gondels vaar terwyl die meisies half uit fokus (waarskynlik weens verbasing) en baie eensaam op ander gondels droom oor ouens wat net ietsie van romanse verstaan.

Vasvrae vrae.

1 Watter bekende operahuis is in Milaan?

2 Noem drie van die G8 lande wat ons besoek het of tans besoek?

3 Wie is die eerste minister van Italie?

4 Die hoofstad van Switzerland is?

5 Wat is Switzerland se belangrikste bron van inkomste?

6 Noem Europa se grootste bergreeks?

7 Noem 2 van Europa se Stamtale?

8 Watter naam pas nie en waarom pas dit nie? Kate Moss, Michelle Farara, Charlize Theron, Naomi Campbell, Petra Mencova.

9 Watter renjaer is tans voor op die wereldkampioenskap vir Formule 1?

10 Van watter span is die jaer?

11 Wie het die lied Poker Face bekend gemaak?

12 Wat sal met die prys van die Jip toer gebeur as alles onveranderd bly, maar 'n groot olieveld word naby Saldanhabaai ontdek? Gee rede vir jou antwoord.

13 As die ANC of die DA' n tweedederde meerderheid in die verkiesing behaal, hoe sal dit die inkopiesvan die ouens op die Junie toer beinvloed indien niks anders verander nie? Gee 'n rede vir jou antwoord.

14 Noem Wes Europa se grootste rivier.

15 Noem 2 lande wat ons besoek of besoek het wat veoreg in die Veiligheidsraad van die VN het?

Antwoorde.
1. La Scala
2 Britanje, Frankryk en Italie
3 Silvio Berlusconi
4 Bern
5 Finansiele dinste en toerisme
6 Die Alpe
7 Germaans, Nordies, Latyns en Aremeens of Grieks.
8 Charlize Theron. Sy is meer bekend as akteur en die ander as modelle.
9 Jeneson Button
10 Brawn-Mercedes
11 Lady Gaga
12 Dit sal daal omdat die Rand sal versterk weens grootter beleggings in Suid Afrika.
13 Hulle sal minder kan koop want die Rand sal verswak omdat die party wat 'n twee derde meerderheid het die grondwet kan verander.
14 Die Rijn
15 Brittanje en Frankryk