ROME

Dit gaan net van goed na beter. Vandag het ons Rome plat geloop. Die St Peters katedraal en Vatikaanstad was eerste aan die beurt. Daarna die Romeinse baddens, die Colloseum, Die Romeise forum en toe die Victor emanuel monument. By die Pantheon was ons verstom oor die grootsheid van hierdie antieke gebou en toe kom die Trevi Fonteine.

Oom Andries was dalk net te waaghalsig en toe land hy met klere en al binne in die fonteine. Ons het gedink dit is snaaks, maar nie die horde polisie wat die "heilige" fonteintjie oppas nie.

Helaas het ons die dag by die Spaanse trappe afgesluit en daarna die oorvol treine en busse na ons verblyfplek geneem.