MENINGS OOR APRIL TOER 09 |
||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
||||||||
Liewe oom Andries
Waar kan ek begin om dankie te sê vir alles.
Hoe nader ek daardie Vrydag aan die lughawe gekom het, hoe meer het ek gedink ek moes maar bly want ek het niemand geken nie. Dankie tog ek het deurgedruk!!! Ek het so baie geleer, gesien en ervaar en alles omdat oom dit vir ons moontlik gemaak het. Baie dankie dat ek by oom kon leer dat deur positief te wees baie dinge oorwin kan word. Baie dankie vir die groot inspirasie wat oom vir my was en sal wees. Baie dankie dat ek deur oom kon leer dat deur Boontoe te kyk en God in jou lewe te hê 'n groot verskil kan maak.
Ek sal die JIP toer definitief vir almal wat wil gaan aanbeveel en wens ek kon ook weer saamgaan.
Baie dankie almal vir 'n great toer!!!
Danja |
||||||||
Baie dankie vir 'n wonderlike toer en sterkte met die operasie. Oom is rerig vir my 'n inspirasie. Geniet die verjaarsdag. Groete Blou Bul Charles Schlesinger gr 12 CVO Vivo |
||||||||
Hallo Oom!
Ek wil net vir oom verskriklik baie dankie sê vir die toer. Dit was ongelooflik lekker! Ek het nog nooit so 'n beleweins in my lewe gehad nie, en buiten die vasbyt, was dit die mees herhinnerlike ding wat ek tot nog toe beleef het. Ons almal het dit verskriklik baie geniet en baie geleer. NIemand sal die toer soos oom kon aanbied nie, en ek sal ook saam met niemand anders daardie toer wou doen nie. Oom doen dinge net so lekker en oom is baie goed met tieners. Dankie vir al die sports en goeie tye! Ons sal die toer nooit vergeet nie.
Ek wil ook vir oom sterkte toe wens vir die operasie. Ek kan sien dat dit vir oom 'n moeilike ding is en dat daar 'n moeilik tyd voorlê. Ek glo egter en hoop dat dinge goed sal afloop en dat ek nog baie wonderlike tye saam met oom sal beleef. Ek wil baie graag meer betrokee by oom se aktiwiteite wees. Ek en my gesin sal almal vir oom bid. Ek dink nie oom besef hoe baie oom vir my beteken en watter invloed oom op my lewe het nie. Ek is baie lief vir oom. Oom is 'n LEGEND!!!
Vasbyt en Jiptoer vir altyd!
Christiaan Blignaut
Gr 12 HLS Oakdale |
||||||||
Dis nou al drie dae na die toer en ek kan nogsteeds nie glo dat dit verby is nie. |
||||||||
| Die jip toer was vir my die beste ding of besluit wat ek al ooit in my lewe
gemaak het om te doen. Ek sal nooit ooit spyt wees oor dit nie. Ons was 'n wonderlike groep wat saam was en ek het persoonlik vir hulle almal lief geraak maar oom Andries oom is die een wat nuwe asem in my lewe en denke in geblaas het en nou maak dat ek met ander oë na alles in die lewe kyk. Baie baie dankie dat oom die wonderlike geleentheid vir ons kinders aan bied en oom maak dit fantasties ek sal dit weer en weer en weer en weer doen,maar nou saam met oom. Ek het 'n paar wonderlike pele op die toer gemaak wat ek defnintief for life gaan hou! Ek wil vir elke tiener daar buite se gaan op die Jip toer dit verander jou lewe. Ek het in die 2 weke van my lewe meer geleer as in die afgelope 4 jaar. Baie baie dankie vir alles oom en mag dit net goed gaan met oom in die toekoms en mag die Here oom seen want hy hte my geseën deur oom deel te maak van my lewe! Leë-Andra Bruwer (middel regs) |
||||||||
| My mening oor die toer Die jip toer was vir my die beste ding of besluit wat ek al ooit in my lewe gemaak het om te doen. Ek sal nooit ooit spyt wees oor dit nie. Ons was 'n wonderlike groep wat saam was en ek het persoonlik vir hulle almal lief geraak maar oom Andries oom is die een wat nuwe asem in my lewe en denke in geblaas het en nou maak dat ek met ander oë na alles in die lewe kyk. Baie baie dankie dat oom die wonderlike geleentheid vir ons kinders aan bied en oom maak dit fantasties ek sal dit weer en weer en weer en weer doen,maar nou saam met oom. Ek het 'n paar wonderlike pele op die toer gemaak wat ek defnintief for life gaan hou! Ek wil vir elke tiener daar buite se gaan op die Jip toer dit verander jou lewe. Ek het in die 2 weke van my lewe meer geleer as in die afgelope 4 jaar. Baie baie dankie vir alles oom en mag dit net goed gaan met oom in die toekoms en mag die Here oom seen want hy hte my geseën deur oom deel te maak van my lewe! Leë-Andra Bruwer |
||||||||
Beste Andries Liewe oom Andries |
||||||||
Beste Andries, Ek is alweer voor die probleem dat woorde nie kan uitdruk hoe intens dankbaar ek teenoor jou is vir jou bydrae in Julius se lewe nie! Dat hy oneindig respek vir jou as mens en jou opinies het, blyk so duidelik uit sy vertellings. So al wat ek in my onmag kan sê is DANKIE en nogmaals DANKIE! Dat hulle die toer uitermatig geniet het is duidelik! Hy borrel behoorlik! Ons sien uit na jou kuier by ons en sal graag jou weergawes wil hoor! Oor jou gesondheid is ons saam met jou en jou gesin dankbaar. Ons dien 'n wonder God! Wanneer is jou operasie? Asseblief hou ons op hoogte, of laat jou kantoor ons net op hoogte hou - jy is al so deel van my seun se verwysingsraamwerk, en daarom ook ons huis s'n dat ons graag in gebed saam met julle wil staan. Andries, nogmaals dankie vir die geleentheid wat jy Julius gegee het. Die waarde daarvan sal hy lewenslank met hom saamneem. Mag ons Heer se seën en genade oor jou en jou gesin waghou. Jou rol en impak in ons jongmense se lewens is so kosbaar en ek dank ons Vader dat hy jou oor Julius se pad gestuur het. Groetnis hier van Spitskop! Laat weet wanneer is kuiertyd! Alida Kemp |
||||||||
aaaaaaaaah oom, ek mis die toer, my mede-toer-maats en my toerleier
verskriklik baie!! dit was rerig n wonderlike ondervinding wat ek nooit ooit sal vergeet nie en waarvoor ek my ouers ewig dankbaar sal bly!
daar is geen beter gevoel as wanneer jy weet jy kan die ondergrondse treine bemeester nie!! en dan was die tuine van Versails ook n groot hoogte punt vir my en die gondola in Venice.
Ek het baie van myself en van ander op die toer geleer en ek het ook nou n breeer kennis van hoe die wereld se ekonomie werk en dat as ek meer produseer as wat ek uitleef sal ek voorspoedig wees!! ek het al oom se stories geniet op die treine!! baie dankie vir n wonderlike toer!!! ek is spyt ek kon nie sondag op die lughawe wees om vir oom geluk te wens met Oom se verjaarsdag nie, maar ek was wel daar gewees in gees! baie sterkte met oom se gesondheid. Die Here se hand is oor oom en stap die pad saam met oom elke dag!
groete michelle |
||||||||
|
||||||||
| |
||||||||