LUCERNE

Lucerne is prentjie mooi en as die weer so goed is soos wat dit vandag was, sekrlik een van die lekkerste plekke op te wees. Ons kan nie wag vir die volgende 2 dae nie. Dit gaan een groot fees wees.

Ons het in perfekte weer Melchsee-Frutt gaan ski en elke oomblik daarvan geniet. Die beseerdes en versigtiges het die berge met slees aangedurf, die dapperes met ski's en die dommes met sneeu borde. Ongeag hoe dapper of dom jy was, een of ander tyd sou sou neus 'n sneeuploeg word. Wie skrik in elk geval vir 'n bietjie bloed as jy soveel sports kan hê? Vanaand is ons moeg, maar gereed vir wat ookal môre vir ons wag.
Ons tweede dag in Lucerne was baie rustig. Daar is gekuier langs die meer, inkopies gedoen en die belangrikste besienswaardighede is ook besoek. Dit is asof die besef begin deurdring dat ons minder as 'n week oor het van die wonderlike toer.