EUROPA APRIL TOER 2011

NUUT IN 2011. Drie nagte by 'n skioord en 2 nagte by Napels asook 'n besoek aan die "Isle of Capri".

"'n Toer se waarde word nie bepaal deur die aantal plekke wat jy besoek nie, maar die dinge wat jy beleef tydens die toer. Jy beleef meer as jy minder plekke besoek, maar langer bly". A.Erwee

Ons sal steeds van die vinnige treine gebruik maak wat die April-toer so gewild gemaak het. Verkeersknope gaan jou dus nie affekteer nie. Op die April toer bly ons ook meer sentraal as op die Junie toer.

Vrydag 25 Maart: Ons vertrek vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en later van Johannesburg oor Dubai na Parys. 0ns arriveer om 12h30 in Parys. Slegs etes op vliegtuig is ingesluit.

Saterdag 26 Maart- Parys, Jeughostel: Ons steek die Engelsekanaal oor tot in die pragtige Parys waar ons drie nagte gaan oorbly. Ons vertrek om 10:55 en arriveer om 17:01. Ontbyt en aandete ingesluit.


Sondag 27 Maart
- Parys: Et aujourd’hui. Bonjour paris! Vanoggend besoek ons Versailles en later ander besienswaardighede. ʼn Stadstoer deur skone Parys neem jou na wêreldbekende besienswaardighede soos die Notre Dame-kerk, Gustav Eiffel se toring, die Seine-rivier, en nog vele meer. Begroot ʼn maksimum van Euro 10 as jy tot bo op die Eiffeltoring wil gaan en Euro 4 vir treinkaartjies. Ontbyt en aandete ingesluit. Die ete onder die Eiffeltoring is altyd 'n hoogtepunt.


Maandag 28 Maart - Parys:
Parys is ‘n groot en indrukwekkende stad. Daarom bly ons drie nagte hier om alles te sien en te ervaar. Begroot 4 Euro vir treine. Ontbyt en aandete ingesluit .

MEER PARYS FOTO'S

Dinsdag 29 Maart – Lucerne Jeughostel: Vandag ry ons met die wêreld se vinigste trein tot in Mulhouse en vandaar na Lucerne met 'n plaaslike trein. Ons arriveer om 19:35 in Lucerne. Ontbyt en aandete ingesluit

Woensdag 30 tot Vrydag 1 April - Engelberg Ons vertrek sak en pak na Engelberg 'n bekende ski-oord in Switserland waar ons Suid-Afrikaners die Switsers gaan leer ski. Om te ski kos +- 50 Switserse Frank. Vir die wat nie waaghalsig is nie, is daar sneeu slees te huur. Dit kos goedkoper en is beslis veiliger. Vanmiddag is jy vry om ʼn bietjie uit te vind of Switserland se sjokolade regtig so lekker is soos almal sê. Ontbyt en aandete ingesluit.

MEER LUCERNE FOTO'S

 

Saterdag 2 April – Venesië: Ons vertrek om 08:55 per trein en arriveer om 16:28 in Venesië. (Die bus neem 11 uur.) Ons treinreis neem ons deur die pragtige Italiaanse mere gebied tot in Venisië. Ons kampeerterrein is ʼn paradys vir jongmense. Ontbyt en aandete ingesluit

Sondag 3 April - Venesië Camping Fussina: Ons doen ʼn stadstoer (te voet) van verruklike Venesië. O sole mio - ʼn romantiese rit in ʼn Gondel is opsioneel. Vanmiddag is jy vry om al die gangetjies en stegies van Venesië te verken. Die watertaxi of Vaporetta is ingesluit. Ontbyt en aandete ingesluit.
MEER VENISIE FOTO'S

Maan 4 en Din 5 April: Vandag neem die treine ons Suid na Napels. Hierdie stad is langs die pragtige baai van Napels geleë en die stad bied ook besonder baie unieke en mooi besienswaardighede. Ons besoek die bekende Island of Capri waar jy ook 'n opsionele besoek aan die bekende blougtotte kan bring. Die hele besoek aan Napels is 'n eerste op hierdie toer en beloof om heelwat waarde toe te voeg.
Woens 6 April - Rome: Italië is die landvan pizza, per piacere. Ons verblyf is baie sentraal en ons gaan met die trein daarheen. Rome is ʼn groot stad met baie besienswaardighede.

Vandag besoek ons die Vatikaanstad en die St Peters Basilika die wêreld se grootste en dalk ook mooiste kerk. Daar sal ook genoeg tyd wees om die Sistynse Kapel te bewonder terwyl ek beslis vanaand ʼn bietjie van die Romantiese atmosfeer by die Spaanse trappe en die Trevi Fonteine gaan opsoek. Sistyns Kapel kos Euro 10. Ontbyt en aandete ingesluit

Donderdag 7 April - Rome: Vanoggend besoek ons Die Romeinse baddens, Die Colosseum, Victor Emmanuel Monument, Piazza Navonna en die Pantheon. (Die res van die tyd is jy vry om al die antieke wonders en ander opwindende plekke te besoek of inkopies te doen.) Ontbyt en aandete ingesluit.

 

Vrydag 8 April - Rome: Ons laaste dag in Rome om inkopies te doen en die besienswaardighede te besoek waarvoor ons nog nie tyd gehad het nie. Ontbyt en aandete ingesluit. Begroot Euro 4 vir metro.

MEER ROME FOTO'S

Saterdag 9 April: Ons vertrek om 16h00 vanaf Rome en vlieg via Dubai na Suid-Afrika.

Sondag 10 April: Ons arriveer om 06:25 in Dubai en vertrek vandaar om 08:35 met vlug EK 770 na Suid-Afrika. Oos, Wes, tuis bes? Ons arriveer om 16:30 in Kaapstad met ʼn kop vol drome en ʼn hart vol herinneringe aan ʼn onvergeetlike ervaring.

Terug na Europa treintoer

E-pos

MENINGS VAN VORIGE GROEPE

Inskrywingsvorm en prys